Video: SA fliek draai by Toronto-filmfees

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Die Suid-Afrikaanse fliek, Vaya, is vandeesweek aangewys as een van ʼn eksklusiewe groep internasionale flieks wat vanjaar by die 41ste Toronto-filmfees vertoon gaan word.

Vaya verweef drie verhale van eens hawelose mense, wat na Johannesburg trek op soek na geleenthede om geld te kan maak.

Nhlanhla wil geld maak om vir sy bruid se lobola te betaal. Hoewel ʼn werksaanbod van sy neef lyk soos die oplossing vir sy probleme, is die opgewondenheid van korte duur wanneer hy uitvind wat die werk is wat hy moet doen.

Zanele bring ʼn jong meisie Johannesburg toe om saam met haar ma te wees. Sy besef egter gou dat sy dié jong meisie se lewe in gevaar gestel het.

Laastens moet Nkulu sy trekarbeiderpa se lyk in Johannesburg gaan haal. Dit klink dalk soos ʼn eenvoudige taak, maar hy besef gou hy is nie die enigste een wat die liggaam wil hê nie.

Die rolle word onderskeidelik vertolk deur Mary Twala, Sihle Xaba, Zimkhitha Nyoka en Warren Masemola.

Die regisseur, Akin Omotoso, het aan Times Live gesê dié fliek het agt jaar geneem om te voltooi. “Ons is opgewonde om aan te kondig dat Vaya se internasionale première by die Toronto-filmfees gaan plaasvind. Die fliek begin later vanjaar ook in Suid-Afrikaanse teaters draai,” het hy gesê.

Die Toronto-filmfees vind plaas tussen 8 en 18 September.

Bron: Times Live

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.