[Video] Silwerskermfees: Akteurs gesels oor kortflieks

‘n Skermskoot uit die video

Die sewende Silwerskermfees wat die afgelope week in Kampsbaai in die Wes-Kaap die beste van aspirant-rolprentmakers en -draaiboekskrywers se produksies vertoon het, was vanjaar weer ʼn dawerende sukses.

Dié fees het vanjaar 65 flieks ingesluit waarvan ses films vollengte-flieks was. Twee van die flieks, Vaselinetjie en Raaiselkind, is boekverwerkings.

Al die flieks wat die afgelope week by dié fees vertoon was, sal mettertyd ook op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word.

Pieter Cloete gesels onder meer met Zak Hendrikz en Tim Theron oor die kortflieks waarby hulle betrokke was.

Vir meer inligting, besoek die kykNET-webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.