Video: Só sê Silwerskerm-wenners oor toekennings

Tobie Cronjé het ‘n toekenning gekry vir sy besonderse bydrae tot die rolprentbedryf (Foto: Skermgreep uit die video)

Die kykNET Silwerskerm-pryse is Saterdag by ʼn toekenningsgeleentheid by The Bay Hotel in Kampsbaai uitgedeel en Maroela Media het direk nadat die wenners hul toekennings ontvang het, met hulle gesels.

Dié toekenningsgeleentheid is deur June van Merch en Bennie Fourie aangebied.

Vanjaar was daar ses speelfilms wat hul première op die Silwerskermfees gehad het. Dié vollengte-speelfilms is Fiela se kind, Flatland, Griekwastad, Die verhaal van Racheltjie de Beer, Toorbos en Poppie Nongena.

Poppie Nongena was die groot wenner van die aand en het 12 pryse gekry, onder meer vir beste speelfilm, beste draaiboek, beste regisseur, beste aktrise, beste mansbyspeler en beste vrouebyspeler.

Die kortfilm Oedipus: Die Musical – ʼn Dokumentêr het koning gekraai in die kortfilm-kategorie en het vyf toekennings opgeraap vir beste kortfilm, beste regisseur, beste mansbyspeler, beste redigering, asook beste grimering en haarstilering.

Kyk hier wat die wenners by vanjaar se kykNET Silwerskermfees te sê gehad het:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.