Video: Sterbelaaide Mooirivier is eersdaags op die grootskerm

Danie Putter en Leandie du Randt is albei te sien in die nuwe fliek "Mooirivier:. Foto: verskaf

Danie Putter en Leandie du Randt is albei te sien in die nuwe fliek “Mooirivier:. Foto: verskaf

Mooirivier is ʼn splinternuwe Afrikaanse rolprent wat eersdaags bekendgestel word. Die fliek is vervaardig deur dieselfde span wat verantwoordelik was die fliek Klein Karoo (Cobus van den Berg, Tim Theron en Jorrie van der Walt) en spog met akteurs soos Tim Theron, Milan Murray, Bouwer Bosch, Anel Alexander, Heinz Winckler, Leandie du Randt en Anne Hirsch

Mooirivier gaan oor vyf individuele, vervlegde storielyne wat tydens die oploop na Paasfees in Suid-Afrika ontvou en vertel die storie van ses paartjies wat elkeen op hul eie unieke ontdekkingsreis na ware liefde is.

Die Silwerskermfeeswenner René van Rooyen is die skrywer en regisseur van Mooirivier.

Maroela Media het verlede jaar tydens verfilming in Potchefstroom ʼn draai by die span van dié fliek gaan maak.

Kyk ook gerus na die lokprent vir die fliek hieronder.

Mooiriver begin landswyd op 6 Februarie in teaters.


 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.