Video: Sterre sê oor kaskenades met hul sibbes

Diaan Lawrenson en Jenny Griesel
(Foto: Maroela Media)

Die sterre van die splinternuwe Afrikaanse gesinsfliek Susters het Woensdagaand by The Grove Mall in Pretoria bymekaargekom vir die première van dié langverwagte fliek.

Susters vertel die verhaal van drie aangenome susters wat van mekaar vervreemd geraak het en op ʼn ontdekkingsreis gaan met die afsterwe van hul ma. Dis ʼn reis gevul met tere herinneringe, interessante karakters, ongelooflike mooi plekke en dít waarmee die skoner geslag baie goed is – hoe om sakke vol pret te hê.

Leah, die Afrikaanse sangeres en eersdaagse Boer soek ʼn vrou-aanbieder, vertolk die rol van Lexie, ʼn entomoloog wat die wêreld plat reis. Diaan Lawrenson speel die rol van Jo, ʼn stylvolle modeontwerper wat in Londen woon, en Quanita Adams vertolk die rol van Cecile, ʼn Kaapse ma van vier.

Maroela Media het met ʼn paar Afrikaanse bekendes gesels oor die kaskenades wat hulle al saam met hul eie boeties en sussies aangevang het. Die sterre van die fliek het ook ʼn paar snaakse oomblikke op stel verklap.

Susters begin op 29 Maart in fliekteaters landwyd draai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.