[Video] ‘Sukses’ met Bennie en Bouwer

sukses-met-bennie-en-bouwer

‘n Skermgreep uit die video.

Simoné Nortmann, bekend vir haar rol as Irma Humpel in die lokettreffer Vir die voëls, verklap in dié insetsel sy drink graag koffie én vertel van die drama-werksessies wat sy aanbied.

In die videoreeks, “Sukses” met Bennie en Bouwer, voer die akteurs Bennie Fourie en Bouwer Bosch tong-in-die-kies-onderhoude met Afrikaanse bekendes om voorbrand te maak vir die aksie-komediefliek Vuil wasgoed. Dié fliek het opslae gemaak tydens die 2014 Silwerskermfees. Dit is ontwikkel tot ʼn vollengtefliek en word op 8 Desember in teaters landwyd vrygestel.

“Ons gesels met suksesvolle mense oor die sukses in hulle lewe en hoe hulle dit bereik het,” skerts hulle op die video.

Die videoreeks is vervaardig in samewerking met Laeveld Agrochem.

Kyk hier na die insetsel met Simoné Nortmann. Sy speel die rol van die veeartsenykundestudent Nikki in Vuil Wasgoed.

Sukses met Bennie & BouwerVuil Wasgoed se Bennie Fourie & Bouwer Bosch gesels met Simoné Nortmann oor haar sukses in die bedryf!Dankie aan ons #TrotseVennoot Laeveld Agrochem#8Des2017 #DankieDatJyHierWas#SilwerskermSukses

Posted by Vuil Wasgoed on Thursday, September 28, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.