[Video] ‘Sukses’ met Bennie en Bouwer

reynardt-hugo-sukses-met-bennie-en-bouwer

‘n Skermgreep uit die video.

Het jy al ooit gewonder hoe Reynardt Hugo van Binnelanders-faam die woord “sukses” definieer? Het jy geweet hy maak fop-oproepe na vreemdelinge vir die pret?

In die video-reeks “Sukses” met Bennie en Bouwer, voer die akteurs Bennie Fourie en Bouwer Bosch tong-in-die-kies-onderhoude met Afrikaanse bekendes om voorbrand te maak vir die aksie-komediefliek Vuil Wasgoed. Dié fliek het opslae gemaak tydens die 2014 Silwerskermfees en is daarna ontwikkel tot ʼn vollengte fliek. Dit word op 8 Desember in teaters landswyd vrygestel.

“Ons gesels met suksesvolle mense oor die sukses in hulle lewe en hoe hulle sukses bereik het,” skerts hulle op die video.

Die video-reeks is vervaardig in samewerking met Laeveld Agrochem.

Kyk hier na die eerste insetsel met Reynardt Hugo.

Sukses met Bennie & BouwerVuil Wasgoed se Bennie Fourie & Bouwer Bosch gesels met Reynardt Hugo oor sy sukses in die bedryf!Dankie aan ons #TrotseVennoot Laeveld Agrochem#8Des2017 #DankieDatJyHierWas#SilwerskermSukses

Posted by Vuil Wasgoed on Thursday, September 21, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.