Die bekende aktrise Antoinette Louw sê Kersvader bestaan wel. “Natuurlik bestaan hy regtig!”
Sy het ook ʼn boodskap aan Kersvader gehad. “Ek was baie soet hierdie jaar, so ek verwag baie presente,” lag sy.
Antoinette het kykers se aandag getrek in die sepie 7de Laan en haar loopbaan het daarna van krag tot krag gegaan. Sy is ook geen vreemdeling op die verhoog nie. Sy het die hoofrol in ongeveer tien stukke gespeel, onder meer die rol van Anna in Dis ek, Anna. In Die laaste tango was sy te sien teenoor Louw Venter.
Verskeie Suid-Afrikaanse bekendes gaan jou tot 24 Desember hier op Maroela Media ʼn geseënde Kersfees toewens, ter ondersteuning van die Teaterbystandsfonds. Hou ons dop!
Kliek gerus hier om die Teaterbystandsfonds te steun.
Leer asseblief ons kinders dat die ou met die rooi klere se naam is Sinterklaas (Santa Claus).
Ons het net een Vader.