“Ek weet waarvoor ek wag,” sê aktrise Cintaine Schutte opgewonde. “Ek wag vir daai koekie wat half geëet is, daai glas melk wat half gedrink is en die voetspore.”
“Ek het Kersvader al gesien as ʼn klein dogtertjie en ek glo nog steeds in hom,” vertel sy.
Cintaine vertolk die rol van Bloesie in die rolprent Knysna teenoor Kaz McFadden en Juanita de Villiers. Sy het ook al in ʼn lys teaterproduksies so lank soos haar arm gespeel.
Verskeie Suid-Afrikaanse bekendes gaan jou tot 24 Desember hier op Maroela Media ʼn geseënde Kersfees kom toewens, ter ondersteuning van die Teaterbystandsfonds. Hou ons dop!
Kliek gerus hier om die Teaterbystandsfonds te steun.