[Video] TBF: ‘Hang vir Vader Krismis biltong op,’ sê Albert

Albert-Maritz

Albert Maritz. Foto: Facebook

“In plaas van daardie boom wat jy koop, sit dalk sommer net daar in die Laeveld ʼn droë doringtakkie in ʼn pot,” sê die akteur Albert Maritz.

“En hang vir Vader Krismis biltongstukkies,” sê hy. “Hou net die hond weg, anders het hy ook klaar sy Kersgeskenk gekry,” sê hy laggend.

Albert is te sien in ʼn hele rits rolprente, onder meer internasionale prente soos Invictus, teenoor Morgan Freeman, Winnie teenoor Jennifer Hudson en My Africa teenoor Samuel L. Jackson en Juliette Binoche. Meer onlangs is hy te sien in die plaaslike rolprente Strikdas saam met Susanne Beyers en ʼn Man soos my pa saam met Neels van Jaarsveld.

Albert is bekend vir sy televisierolle in Torings, Konings en Arende, maar ook vir sy verhoogwerk as akteur sowel as regisseur.

Verskeie Suid-Afrikaanse bekendes gaan jou tot 24 Desember hier op Maroela Media ʼn geseënde Kersfees kom toewens, ter ondersteuning van die Teaterbystandsfonds. Hou ons dop!

Kliek gerus hier om die Teaterbystandsfonds te steun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ansie Geldenhuys ·

Geseende Kersfees, Maroela – Sterkte vir 2016. Dis heerlik om Maroela te ervaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.