“Wat gaan ek hierdie jaar vir my honde koop vir Kersfees? Niks nie, want hulle weet nie dis Kersfees nie,” terg die veteraan akteur Dirk Stoltz.
“Wat ek vir Kersfees wil hê is ʼn vet ‘voice over’ en tyd saam my vrou en kind,” vertel hy verder.
Dirk is nie net bekend vir sy rol as Stefan Ferreira in Erfsondes op SABC2 nie, maar was ook te sien in die kykNET-reekse Plek van die vleisvreters en Bloedbroers. Dirk het ook flieks soos Stander, Ballade vir ʼn Enkeling en Treurgrond agter sy naam.
Verskeie Suid-Afrikaanse bekendes gaan jou tot 24 Desember hier op Maroela Media ʼn geseënde Kersfees kom toewens, ter ondersteuning van die Teaterbystandsfonds. Hou ons dop!
Klik gerus hier om die Teaterbystandsfonds te steun.