[Video] TBF: Rina Nienaber se skreeusnaakse wenke vir die feesseisoen

rina-nienaber

Rina Nienaber. Foto: Rina Nienaber, Facebook

Die veteraan aktrise Rina Nienaber stel voor dat jy hierdie Kersfees seker maak jy pos jou geskenkpakkies betyds. “Sodat die poskantoor dit betyds kan verloor,” vertel sy.

“Die Kerspartytjies in die filmbedryf is ook wonderlik, want jy ontmoet elke jaar nuwe face lifts,” spot sy.

Rina is bekend vir haar televisierolle in Generations as Baba Swanepoel en sy is ook te sien as Koekie in die kykNET-reeks Getroud met rugby. Benewens haar televisierolle is Rina ook ʼn gesoute verhoog- en rolprentaktrise en staan ook haar skoene vol as regisseur, vervaardiger, teksskrywer en stemkunstenaar.

Verskeie Suid-Afrikaanse bekendes gaan jou tussen 1 en 24 Desember hier op Maroela Media ʼn geseënde Kersfees kom toewens, ter ondersteuning van die Teaterbystandsfonds. Hou ons dop!

Kliek gerus hier om die Teaterbystandsfonds te steun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.