[Video] TBF: ‘Twaalf dae van Kersfees, nie twaalf weke,’ spot Kaz

Kaz-McFadden2

Kaz McFadden. Foto: pali-sa.co.za

“Kersfees begin op 13 Desember, max,” sê die jong akteur Kaz McFadden. “Ek weet nie waaroor gaan hierdie vroeë Kersfees-ding nie,” spot hy.

“As jy voor die 13de ‘Jingle bells’ hoor, hardloop,” maan hy grappenderwys. “As jy ʼn Kersboom sien, loop ʼn wye draai en as jy ʼn Kersgeskenk kry, hou hom.”

Kaz is nie net bekend vir sy sepierolle in onder meer 7de laan en Binnelanders nie, maar het ook groot rolle in Afrikaanse flieks losgeslaan wat die afgelope paar jaar op die silwerdoek verskyn het. Hy is te sien as Vossie Voster in Strikdas teenoor Leandie du Randt, James Cloete in Knysna en Adriaan van Rooyen in Die wonderwerker.

Hy is ook te sien as Giepie Briel in ʼn Pawpaw vir my darling wat op 8 Januarie 2016 in teaters begin draai.

Al jou gunsteling Suid-Afrikaanse bekendes gaan jou tussen 1 en 24 Desember hier op Maroela Media ʼn geseënde Kersfees kom toewens, ter ondersteuning van die Teaterbystandsfonds. Hou ons dop!

Klik gerus hier om die Teaterbystandsfonds te steun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ansie Geldenhuys ·

Vandag se #waarskuwing vir ‘n te vroee Kersfees# is te oulik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.