[Video] ‘Top Gun’ dán op die grootskerm

Tom Cruise in Top Gun (Foto: IMDB)

ʼn Opvolgfliek van die 1986-trefferfliek Top Gun gaan 33 jaar sedert die verskyning van die oorspronklike fliek op die grootskerm te sien wees – weer met die gewilde Amerikaanse akteur Tom Cruise in die rolverdeling.

Paramount Studios, wat die fliekregte van die rolprent besit, het vandeesweek gesê dié opvolgfliek sal vanaf 19 Julie 2019 in teaters wees.

Top Gun vertel die storie van Pete “Maverick” Mitchell wat aansluit by die Top Gun Naval Fighter Weapons-vegvliegskool. Maverick se roekelose houding plaas hom in konflik met sommige van die ander vlieëniers, en hy en Iceman (Val Kilmer) stamp veral koppe.

By dié skool kompeteer hy om die top-vegvlieënier te wees, maar ook vir die aandag van sy vluginstrukteur, Charlotte Blackwood (Kelly McGillis).

Cruise het vroeër vanjaar aan Access Hollywood gesê dié opvolgfliek sal Top Gun: Maverick heet, en nié Top Gun 2 – soos wyd op sosiale media bespiegel is – nie.

Ander akteurs soos Kelly McGillis, Anthony Edwards, Meg Ryan en Val Kilmer was in die oorspronklike fliek te sien.

Dit is nog nie seker of al die akteurs wat in die oorspronklike fliek gespeel het in die opvolgweergawe te sien gaan wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Eileen ·

Aai, as mens maar net die klok kon terugdraai na daai lekker “care free” dae. Ons skool het ons bederf deur die fliek te wys net voor die skool vir die Desember skoolvakansie te sluit. Aai, ons meisies het darem maar mal gegaan oor Maverick and Iceman!

Eish ·

Ek was gek na die fliek. Ek wonder net hoe dit met die verfilming sal gaan met al die plooie, pile, brille en gehoorstelle. Gaan seker maar n komedie wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.