[Video] ‘Van der Merwe’ se lokprent is hier

Van der Merwe die fliek (Foto: Verskaf)

Die lokprent vir die splinternuwe Afrikaanse fliek Van der Merwe is Dinsdag amptelik bekend gestel.

Dié fliek is vanaf 28 Julie landwyd in teaters te sien.

Ten volle toegerus met sy wanopvattings, vooroordele en kenmerkende onvermoë om suksesvol te wees, is dié fliek een vir die hele gesin. Elke land het iemand met wie almal spot. In Ierland is dit Paddy, in Israel is dit Hymie en in Suid-Afrika is daardie persoon Van der Merwe – en dié fliek gaan oor hom.

Rob van Vuuren, wat die hoofrol vertolk, sê die maak van die fliek was ʼn wonderlike ervaring. “Ek dink mense gaan lekker lag om te sien hoe Van lewe kry op die grootskerm en ek hoop hulle kan hulself in sekere situasies vereenselwig met die karakter. Ek het dit baie geniet om Van te speel en ek hoop die kykers geniet dit,” sê hy.

Van der Merwe, wat afspeel op ’n plaas in Suid-Afrika, vertel die verhaal van Van se dogter, Marike, wat terugkeer ná ’n oorbruggingsjaar in Engeland. Sy is nie alleen nie: Haar verloofde, George, ’n Britse mediese student, is aan haar sy. Van moet nie net daarmee vrede maak dat sy enigste dogter met ’n Engelsman gaan trou nie, maar word ook deur sy moeilike, tradisionele pa beveel om dié verhouding te beëindig. Dit plaas hom in ’n baie stresvolle situasie en los hom met ’n moeilike besluit: Staan hy op teen sy pa en aanvaar die troue … of gehoorsaam hy sy pa, wie se goedkeuring hy bitter graag wil hê, se bevel? Maar dit kan beteken dat hy sy dogter vir altyd verloor.

Wanneer die aanstaande Britse skoonfamilie opdaag, word daar behoorlik kop gestamp. Dit ontaard in ’n kultuurstryd en lei tot verskeie kantkies-voorvalle en ander skreeusnaakse gebeure, wat lewe gee aan die klassieke Van der Merwe-grappies wat ons almal so goed ken.

Bekende aktrise Chanelle de Jager vertolk die rol van Van se vrou, Suzette, wat vasberade is om die situasie te red. Ian Roberts speel die dominerende oupa Van, wat beslis die gehoor se aandag sal trek. Ander akteurs wat in die fliek te sien is, sluit in Adrienne Pearce, André Jacobs, Rika Sennett, Erica Wessels, Louw Venter, Benedikt Sebastian, Matthew Baldwin, Neels van Jaarsveld en Melt Sieberhagen.

Kurt Darren maak ook ’n gasvertoning as sanger by die troue en Barry Hilton speel die rol van Freddie, die kroegman en Van se beste vriend.

https://youtu.be/Phoa25fAZRg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

amvi ·

Kan nie wag om te sien! Maar ek dink ek sal iemand anders in gedagte gehad het vir die hoofrol.

M Viv ·

Daar is “komedie” en dan is daar komedie soos in common, maar ek verbeel my seker maar die afgelope jare as jy kyk word die blanke Afrikaner uitgebeeld as n dom onnosele plain common wese en dan word daar gelag en gespot daaroor .

Basjan ·

M Viv, ek stem saam met jou. Hierdie is weer eens ‘n poging on die Afrikaner negatief uit te beeld.

Net so ·

Dis nes jy daar sê. Ek hou van suid afrikaanse komedie, maar nie waar afrikaners as ‘common’ uitgebeeld word nie. Dan kyk ek liewer nie.

K ·

Hahaha kan nie glo mense gaan hulle geld mors om hierdie te sien nie. Die dik afrikaanse aksent en “domkop” karakter is so holrug gery. Kry skaam as DIT die beste is wat die Suid-Afrikaanse filmindustrie kan doen!

anneke ·

Klip in die bos….
Het elke nasie, kleur en geur nie maar hul eie Kommen karakters nie???
Ons kyk dalk net nooit die ander nasies, kleure en geure se kommen rolprente nie omdat ons is soos ons is.
So, take heart. Ons is almal in dieselfde bootjie!!

Albert Marais ·

“Common” verby, nes al powere pogings van die “advertensies”op TV om die Afrikaner te probeer afbreek.

Soekie ·

Dit gaan weer ‘n “commen” besigheid wees….die Afrikaner word weer as dom en “commen” voorgehou…. Mors nie my geld op sulke snert nie.

Jan ·

Ai Mense!!! Moes hulle nou dan ” Van ” Van der Merwe se rol as hierdie briljante slim Nie commen mens vertolk het? Dis juis die doel van die film, Van is nou maar wat Van altyd was in die grappies. Moet nie vir my se dat julle nog nooit gelag of ‘n Van grappie vertel het nie. Regtig, laat ons lag en Rob van Vuuren is ‘n baie goeie rol vertolker. Welgedaan. As julle wil commen sien kyk dan maar eerder Bold and the Beautiful. Ek dank U

Jannes ·

@jan , jy is virseker n Van Der Merwe. As jy nie kan verstaan wat die mense probeer sê nie.

Lenice ·

Nee wat, lyk maar lekker commin. Die wit Afrikaner word nou weer so commin uitgebeeld in hierdie fliek! Sal nou nie my geld mors op ‘n fliek kaartjie nie dankie.

dirk L ·

Hierdie fliek gaan reguit op DVD en dan op die Sales rakkie. Die vervaardiger is maar nog dom

DC ·

Maroela julle se in die rubriek dat dit ‘n Afrikaanse fliek is. Niks sulke goed nie, dis ‘n engelse fliek wat spot met Afrikaners. Skandelik as jy my vra. As ons Afrikaners nou so die spot moet dryf met engelse persone of enige ander kultuurgroep sal jy nooit die einde daarvan hoor nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.