Video: Vars gesigte skitter by ‘Wonderlus’-première

Stiaan Smith, Edwin van der Walt, Johan Cronjé, Mila Guy, Ansu Visser, Lea Vivier en Simoné Nortmann. (Foto: Leonie Bezuidenhout/Maroela Media)

Stiaan Smith, Edwin van der Walt, Johan Cronjé, Mila Guy, Ansu Visser, Lea Vivier en Simoné Nortmann. (Foto: Leonie Bezuidenhout/Maroela Media)

Die span van Wonderlus het Woensdagaand by die Alexander-teater in Johannesburg byeengekom vir die première van dié splinternuwe Afrikaanse fliek.

Wonderlus is geskryf deur Johan Cronjé en word vervaardig deur Nouvanaand Films, wat verantwoordelik is vir die vervaardiging van bekende televisiereekse soos Hotel en Phil101.

Die fliek spog met ʼn rolverdeling van vars gesigte in die Afrikaanse vermaakbedryf en sluit akteurs soos Edwin van der Walt, Mila Guy, Simoné Nortmann, Stiaan Smith, Lynelle Kenned en Beer Adriaanse in.

Guy en Nortmann het saam op die glanstapyt vir die flitsende kameras geglimlag. Guy was geklee in ʼn donkergroen fluweelpak en Nortmann het uitgestaan in ʼn skelpienk rok deur Suné Snyman.

Van der Walt het saam met sy vriendin, die aktrise Ansu Visser, die geleentheid bygewoon. Lea Vivier, wat tans te sien is in die kykNET-komediereeks Mense Mense saam met Bobby van Jaarsveld en Sandra Prinsloo, het ook op die glanstapyt gekuier.

Ander bekendes soos Donnalee Roberts, Ivan Botha, Christel van den Bergh, Werner Coetser, Altus Theart en sy vrou, Zetske van Pletzen, het ook na die fliek gaan kyk.

Die nuwe dansmusiekduo Van Pletz, met Peach van Pletzen agter die mikrofoon, het saam met Academie en die Horizons-koor vir die vermaak gesorg.

Wonderlus vertel die storie van ʼn troue wat heeltemal ontspoor wanneer die bruidegom (Van der Walt) die liefde van sy lewe moet agternasit, die bruid (Guy) uit ʼn benarde situasie moet probeer ontsnap en ʼn kelnerin (Vivier) haarself uit ʼn penarie moet ontknoop.

Wonderlus het verlede jaar drie toekennings ontvang by die kykNET Silwerskermfees in Kaapstad vir die beste teks (Cronjé), beste byspeler (Adriaanse) en beste aktrise (Vivier).

Dié fliek bied ʼn nuwe uitkyk op twee van die lewe se grootste kwelvrae: Wat is ware liefde en waar lê die balans tussen wat jy móét en wat jy wíl?

Wonderlus begin op 27 April in fliekteaters landwyd draai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nolis ·

Simone, jy bly n pragtige mens. Enige iets waarin sy speel, sal ek ondersteun en dit sál suksesvol wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.