[Video] ‘Vir altyd’-fliek se lokprent bekend gestel

vir-altydDie amptelike lokprent vir die romantiese avontuurfilm Vir altyd is bekend gestel.

Donnalee Roberts en Ivan Botha, wat fliekgangers behoorlik bekoor het met hul uiters suksesvolle rolprent, Pad na jou hart, is binnekort weer saam op die grootskerm te sien in die rolprent.

Vir altyd is deur dieselfde skrywers, vervaardigers en regisseur as Pad na jou hart gemaak. Die film begin in die mooi wingerde van die Paarl in die Wes-Kaap en die avontuur vat behoorlik vlam op die prageiland Mauritius.

Vir altyd word na verwagting op 12 Februarie 2016 bekend gestel, maar diegene wat te nuuskierig is oor dié nuwe fliek kan dit binnekort op die boekrakke opspoor. Vir altyd volg die nuwe neiging van rolprente wat eers in boekvorm bekend gestel word en die romanweergawe, verwerk deur Francois Bloemhof, sal van 26 Oktober 2015 beskikbaar wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.