Video: Vir die Voëls-première: Wat is liefde?

Francois Jacobs en Simoné Nortmann (Foto: Maroela Media/Cyril Blackburn)

Francois Jacobs en Simoné Nortmann (Foto: Maroela Media/Cyril Blackburn)

Hy was maar ʼn simpel laaitie, laf en daarop uit om sy vriende te beïndruk en sy ʼn wilde rabbedoe, vasbeslote om haarself, én ander, te oortuig dat sy nie ʼn man nodig het nie. Maar, soos die liefde maar is, het hy sy hart verloor, volwasse geraak en sy het haar skanse laat sak en haarself toegelaat om ʼn man lief te hê.

Dit is nou wel die storielyn van die jongste Afrikaanse fliek, Vir die Voëls, maar in die werklike lewe het die regte Irma Humpel en Sampie de Klerk ook verlief geraak en ewige trou aan mekaar beloof.

Die amptelike première van dié fliek het Donderdag tydens ʼn sterbelaaide geleentheid in Johannesburg plaasgevind.

Vir die voëls is vervaardig in samewerking met kykNET Films as deel van Huisgenoot se eeufeesviering vanjaar.

Irma en Sampie het dié verhaal as deel van ʼn kompetisie met dié tydskrif gedeel.

Die regte Irma Humpel en Sampie de Klerk (Foto: Maroela Media/Cyril Blackburn)

Die regte Irma Humpel en Sampie de Klerk (Foto: Maroela Media/Cyril Blackburn)

Die hoofakteurs, Francois Jacobs en Simoné Nortmann, het voorheen aan Maroela Media vertel die fliek is gepas vir oud én jonk omdat dit die nostalgiese hartsnare sal roer vir ouer mense, maar ook jonger mense ʼn blik op daardie tyd sal gee.

“Daar is baie ander sterk storie-elemente, drama, romanse, die grensoorlog en sewentiger-musiek waarna mense in besonder kan uitsien. Die wêrelde wat Quentin vir die fliek geskep het, is in detail vervaardig. Verder bestaan die klankbaan uit negentien liedjies uit dié tydperk,” het hulle gesê.

Ander akteurs wat in die fliek speel, sluit in Elize Cawood, Nicola Hanekom, Neels van Jaarsveld, Drikus Volschenk, Leandry Smith, Liam Bosman, Lara Kinnear, Candice Kruger en Bennie Fourie.

Die rolprent word op 25 November landwyd uitgereik.

Vir meer inligting, besoek die fliek se Facebook-blad.

Maroela Media het bekendes op die rooi tapyt gevra wat hulle sou doen as hulle voor die kansel staan en besef hulle maak ʼn fout en wat liefde vir hulle beteken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jan ·

Ons vif jou Suid Afrika.

Suid Afrika vir Afrikaans

laat ons moraal en trots hoog bly, ons het baie om op trots te wees.

Chris ·

Liefde is ‘n gevoel wat jy voel dat jy iets voel wat jy dog jy nog nie voorheen oor iemand gevoel het het nie.

Leendert ·

Die eerste bewuswording daarvan en die aanraking is soos ‘n vonk, dit flits, elektrisiteit wat deur die liggaam gaan, ‘n enorme skok, ‘n ferrari se enjin wat aangeskakel word, die revolusies jaag die hoogte in, tot in die rooi.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.