[Video] Zak Hendrikz gee ʼn Silwerskermfees-oorsig

‘n Skermskoot uit die video

Talle aspirant-rolprentmakers en -draaiboekskrywers het vanjaar behoorlik beïndruk by die Silwerskermfees wat dié jaar vir die sewende keer in Kampsbaai in die Wes-Kaap aangebied is.

Dié fees, wat jaarliks aangebied word, het ten doel om die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf deur middel van nuwe dokumentêre flieks en kortflieks ʼn hupstoot te gee.

Belanghebbendes in die bedryf soos regisseurs, vervaardigers, verspreiders, akteurs en ander kry die geleentheid om te bymekaar te kom – en vir ʼn paar dae word daar net rolprente gepraat en geleef. Dit is ook ʼn geleentheid vir die groeiende rolprentbedryf om die uiteenlopende stories van Suid-Afrika te vertel.

Pieter Cloete het saam met Zak Hendrikz by vanjaar se Silwerskermfees gekuier om meer te wete te kom oor die A tot Z van dié fees.

Vir meer inligting, besoek die kykNET-webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.