Watwou, 007 nou ʼn vrou

Lashana Lynch in Maart by die wêreldpremière van ‘Captain Marvel’ in Los Angeles, VSA. Sy sal die rol van 007 vertolk in die nuwe James Bond-fliek. (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)

Die gewilde 007-spioen van die James Bond-fliekfranchise sal eersdaags ʼn snyerspak verruil vir ʼn paar hoëhakskoene wanneer ʼn vrou dié gesogte rol oorneem.

Volgens berigte het vervaardigers van die 25ste Bond-fliek, wat in 2020 op die grootskerm sal verskyn, besluit dat Lashana Lynch die rol van 007 sal vertolk nadat James Bond, wat steeds deur Daniel Craig vertolk sal word, uit die Britse MI6-intelligensie-eenheid sal tree.

ʼn Bron het aan The Daily Mail gesê Lynch se verskyning in die nuwe fliek is ʼn “kardinale toneel” wanneer Bond uit sy aftrede in Jamaika ontbied en aan Lynch se karakter as die nuwe 007-agent voorgestel word.

“Fliekgangers sal hul springmielies laat val. Bond is steeds Bond, maar hy word deur ʼn vrou vervang as 007.”

Die bron is volgens die nuusinstansie iemand in die “binnekring van die rolprent” wat dié inligting bekendgemaak het. Die inligting is nog nie amptelik deur vervaardigers bevestig nie.

Lynch (31) is ʼn Britse aktrise en vertolk tans die rol van die vegvlieënier Maria Rambeau in die Marvel-fliek, Captain Marvel.

Craig het in 2006 sy debuut as Bond gemaak in die fliek Casino Royale, die 22ste fliek in die 57-jarige fliekfranchise.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
007

Ek love die nuwe konsep!

Nel

En ek love Sean Connery – die enigste James Bond wat nog tot dusver reg aan die rol laat geskied het.

Norman

Nee, meneer jy word nie toegelaat om negatief te wees nie.

Jou boodskap gaan binnekort verdwyn.

Vra maar net

Nou wat op dees aarde is di maatskappy nou van plan om te doen ????????? Hoe gaan hulle nou di rol van di manlike prent na ‘n vroumens toe laat verander,dis mos nou klomp bog ek gaan dan ni weer na die flieks kyk as di bog gaan wys ni ??? Wys jou net

Ok is jul ernstig???

Ag nee liewe hel man