[Wen] ‘Die ontwaking’ binnekort in teaters landwyd

Die Ontwaking beloof om jou op die randjie van jou stoel te hou. Foto: Verskaf

Die Ontwaking beloof om jou op die randjie van jou stoel te hou. Foto: Verskaf

Die première van die Afrikaanse rillerfliek, Die ontwaking, vind Woensdag tydens ʼn sterbelaaide geleentheid in Rosebank in Johannesburg plaas.

Die fliek is gegrond op die bekroonde skrywer Chris Karsten se boek met dieselfde titel en verken hoe gemeenskappe getraumatiseerde individue kan oplewer wat hulle uiteindelik tot gewelddadige gedrag wend en selfs psigopate word.

Die ontwaking ondersoek die komplekse en dinamiese verhouding tussen die geestelik versteurde dog simpatieke Abel Lotz (Gys de Villiers) en ’n mooi jong speurder, Ella Nesser (Juanita de Villiers), wat pas aangestel is om moordsake op te los.

Lotz is die eienaar van ’n klein galery wat spesialiseer in Afrika-maskers en -kuns. Maar alles is nie pluis in dié galery nie en Nesser moet dié man in sy spore probeer stuit.

Akteurs soos Gérard Rudolf, Paul Eilers, Morné Visser en Armand Aucamp is deel van die rolverdeling.

Die ontwaking begin op 26 Februarie landwyd in teaters draai.

Hierdie kompetisie is gesluit: Drie lesers kan elk ʼn getekende eksemplaar van Karsten se boek Die ontwaking wen. Om in te skryf vir die kompetisie, stuur jou antwoord op die volgende vraag, asook jou naam, van, kontakbesonderhede en posadres na [email protected]: Watter akteur vertolk die rol van die geestelik versteurde galery-eienaar? Die kompetisie is slegs geldig vir 24 uur (tot en met 25 Februarie om 12:00).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.