Wen: ‘The Recce’-première in Kaapstad

The Recce is ʼn splinternuwe oorlogsdrama wat op 28 September in fliekteaters landwyd uitgereik word en vertel die verhaal van ʼn jong recce, Henk Viljoen, wat verkeerdelik dood verklaar word in die vyand se kamp.

Hy moet elke hulpbron wat hy het gebruik om by sy ontstelde vrou en gesin uit te kom. Sy famlie veg hulle eie emosionele stryd.

Intussen is die vyand op Viljoen se spoor. The Recce is dus geen gewone verhaal van oorlewing nie. Dit is ook een van die eerste rolprente wat nie net die kwessies van die Grensoorlog aanspreek nie, maar ook die pyn en lyding wat die families van die soldate moes deurmaak gedurende die konflik wat amper 20 jaar geduur het.

Die skrywer en regisseur van dié baanbrekersfliek is Johannes Ferdinand van Zyl. Die rolverdeling sluit van die grootste name in die bedryf, soos Marius Weyers, Albert Maritz, Greg Kriek, Grant Swanby, Christia Visser, Maurice Carpede en Sonni Chidiebere in.

Jac Williams het die fliek deur die Kaapse produksiemaatskappy Man Makes a Picture vervaardig.

The Recce begin op 28 September in fliekteaters landwyd draai.

Wen

Drie gelukkige Kaapse lesers kan elkeen ʼn dubbelkaartjie wen na die première van die grensoorlogdrama The Recce op Woensdag 5 September by die V&A Waterfront. Om te wen, vul die vorm in en beantwoord die vraag. Die kompetisie sluit op Woensdag 29 Augustus.

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.