Wen: ‘Die sneeukoningin 2’ vir oud én jonk

Die Sneeukoningin 2 (Foto: Verskaf)

Die Sneeukoningin 2 (Foto: Verskaf)

Die Afrikaanse animasiefliek Die sneeukoningin 2 begin op 25 November landwyd in teaters draai. Dié fliek, met die stryd tussen goed en kwaad as tema, is vir jonk én oud bedoel. Vyf Maroela Media-lesers staan nou die kans om elk ʼn DVD van Die sneeukoningin 1 en T-hemp van dié fliek te wen.

Die sneeukoningin 2, die vertaling van die Engelse animasiefliek The Snow Queen, is geskoei op die oorspronklike en gelyknamige sprokie van Hans Christian Andersen wat in 1845 gepubliseer is.

Die stryd tussen goed en kwaad kry onder meer gestalte in die karakters van Gerda en Kai. Boonop het die fliek ook ander lewenslesse soos dat ʼn mens nie vriende, geluk en ware liefde deur middel van bedrog kan bekom nie.

Die temaliedjie van die fliek, “Maak my dag”, word gesing deur die Ghoema- en Tempo-bekroonde Afrikaanse sangeres Leah. Die liedjie is geskryf deur Johan Vorster en Christoph Kotze en verskyn ook op die sangeres se Deluxe-weergawe van haar Wonderwerk-album wat in Oktober uitgereik is.

Leah se stem word ook gebruik vir dié van Gerda, die heldin in die fliek.

Ander stemakteurs in die fliek is Pierre Breytenbach (Orm), Christine Voorendyk (Alfida) en Richard van der Westhuizen (Generaal Arrog). Ander bekende stemme sluit in dié van Lochner de Kock, Heidi Mollentze, Leila Etsebeth en Anton Dekker. Die regisseur is Riana Wilkens.

Die klankbaan sluit ook die musiek van die Brit Mark Willott, ’n Emmy-bekroonde komponis, in.

WEN: Vyf Maroela Media-lesers kan ʼn DVD en T-hemp van Die sneeukoningin 2 wen. Om in te skryf, stuur jou naam, e-pos-adres, kontakbesonderhede, fisieke adres, en jou antwoord op die volgende vraag na [email protected]: Wie sing die temalied in Die sneeukoningin 2?

Inskrywings sluit op 1 November om 17:00. Wenners sal per e-pos in kennis gestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Denise ·

Dit is baie oulik en die karaktertjies is te kostelik my kleindogter sal dit nou baie geniet !

Madelein ·

Goeie middag
Weet iemand of die wenners al aangekondig is?

JB ·

Middag,

Kan jul asb bevestig of die wenners aangekondig is?

Het deelgeneem en is baie naskuurig om te weet wie die wenners is/was?

Landi Slatter ·

Dagsê JB,

Dankie vir jou navraag. Die wenners is reeds per e-pos in kennis gestel. Die name is ook op Facebook bekend gemaak.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.