[Wen] #FliekOpDieVeld-toer bemagtig gemeenskappe

(Foto: Facebook via AfriForum)

(Foto: Facebook via AfriForum)

AfriForum se #FliekOpDieVeld-toer, waartydens die Afrikaanse fliek Modder en Bloed landwyd vertoon word, is op 25 September by die Askari Game Lodge in Magaliesburg te sien en 15 gelukkige Maroela Media lesers kan elk ʼn dubbelkaartjie na dié vertoning wen.

Die burgerregte-organisasie het vroeër gesê hy beoog om 36 dorpe in sewe provinsies saam met die rolprentspan van Modder en bloed te besoek, waartydens dié rolprent op ʼn groot buitelugskerm vertoon sal word. Dié toer het op 27 Julie in Gauteng afgeskop.

Beatrice Pretorius, AfriForum se nasionale projekkoördineerder, het gesê die doel van dié toer is om terug te ploeg in die gemeenskap.

“AfriForum wil met die #FliekOpDieVeld-toer die Afrikaanse taal, kultuur en rolprentbedryf bevorder en terselfdertyd aan gemeenskappe die geleentheid bied om geld vir spesifieke kwessies in te samel,” het sy gesê.

Die #FliekOpDieVeld-vertoning by Askari Game lodge sal onder meer fondse insamel vir die stryd teen renosterstropery.

Natasha van Rensburg van Askari het gesê dit is belangrik vir dié organisasie om betrokke te raak by die renosterstropingskrisis omdat Askari self ʼn tuiste vir Suid-Afrika se Groot Vyf is.

“Fondse wat ingesamel word, gaan onder meer gebruik word om renosters te onthoring, vir veeaarts-onkostes en die stryd teen renosterstropery,” het van Rensburg bygevoeg.

Kaartjies kos R60 per persoon en is beskikbaar by iTickets.

Vir meer inligting, stuur ʼn e-pos na [email protected] of [email protected].

WEN: 15 gelukkige lesers staan elk die kans om ʼn dubbelkaartjie na die #FliekOpDieVeld-vertoning by die Askari Game Lodge op 25 September te wen. Om in te skryf, stuur jou naam, van, kontakbesonderhede, adres, en jou antwoord op die volgende vraag na [email protected]: Watter fliek word vertoon tydens die #FliekOpDieVeld-vertoning? Die kompetisie sluit 24 September om 15:00. Wenners word per e-pos in kennis gestel. Bepalings en voorwaardes geld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Helena Gilfillan ·

Wat kan ons doen om so iets in Nigel aan te bied.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.