Wen: ‘I Still Believe’ dié naweek in fliekteaters te sien

I Still Believe is die rolprent wat op Jeremy Camp, ʼn Amerikaanse Christelike sanger, en sy eerste vrou, Melissa Lynn Henning-Camp, se verhouding gegrond is.

Henning-Camp is kort voor hul huwelik met eierstokkanker gediagnoseer en is ongeveer vier maande ná hul troue dood.

Camp se grootste treffers sluit in “Let it Fade”, “There Will be a Day”, “Take You Back” en “Lay Down my Pride”. In 2001 het Camp se eerste boek, I Still Believe, verskyn, ʼn boek wat ʼn terugblik is op sy lewe, sy kortstondige huwelik met Henning-Camp en die geloofspad wat hy met God gestap het.

I Still Believe neem gehore op ʼn reis na liefde, verlies en die hoop wat selfs in tragiese omstandighede aanwesig is. Die rolprent se produksiespan verduidelik hul doel met die fliek was juis om ʼn verskil in mense se lewens te maak.

“Ons probeer om vir die kerk ’n platform te skep om hul gemeenskappe te bereik, maar verder uit te wyk na meer sekulêre gehore,” vertel Andrew Erwin, mede-regisseur en -vervaardiger van die fliek.

Erwin het saam met Jon Erwin die regie behartig en die rolverdeling sluit KJ Apa, Britt Robertson, Shania Twain en Gary Sinise in.

I Still Believe is deur die Amerikaanse tienertydskrif Seventeen as die top- romantiese fliek van 2020 aangewys. Dit is die eerste keer in 74 jaar dat ’n Christelike rolprent dié eer te beurt val. Die fliek het ook op eie bodem groot lof ontvang,

“Ek is oorbluf deur die fliek. Dit het my in trane gehad,” sê Gillian Fraser van die tydskrifte JOY! en JUIG!. “Dis regtig wonderlik en het die potensiaal om baie lewens aan te raak.”

Jy kan steeds jou naaste fliekteater besoek

“Fliekgangers kan steeds landswyd by Nu Metro fliek,” sê Andries Basson, nasionale bedryfsbestuurder van Nu Metro. “Ons personeel volg streng skoonmaakprosedures wat spesifiek fokus op areas wat deur die publiek gebruik word. Dit sluit in kiosks, selfdiensterminale, bedieningstoonbanke, deurhandvatsels, relings en toilette.”

Basson voeg by dat dié maatreëls voortdurend hersien word.

“Ons sal voortgaan om die situasie te monitor, met die moontlikheid dat verdere maatreëls in ‘n latere stadium aangekondig en geïmplementeer sal word.”

Ster Kinekor het in ʼn verklaring bevestig dat hy ook voortgaan met sake.

“Die uitvoerende komitee en betrokke partye is tans besig om verskeie moontlikhede te oorweeg. Sodra ʼn duidelike aksieplan saamgestel is, sal Ster-Kinekor die publiek, sy personeel en gaste inlig oor die detail en implementering daarvan.

“Intussen gaan ons voort met geskeduleerde programmering, maar met addisionele voorsorgmaatreëls wat geld.”

I Still Believe word op 20 Maart landswyd uitgereik.

Kyk hier na die lokprent van I Still Believe:

Wen

Vyf lesers kan elk ʼn eksemplaar van Jeremy Camp se album “I Still Believe – The Greatest Hits” wen. Al wat jy moet doen om in aanmerking te kom vir ʼn gelukkige trekking is om jou besonderhede in die kompetisievorm onderaan hierdie artikel in te sleutel.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 25 Maart 2020 om 23:45.

Oops! We could not locate your form.

Bepalings en voorwaardes

  • Die wenners sal deur middel van ʼn trekking aangewys word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal op 26 Maart plaasvind waarna die wenners gekontak sal word.
  • Indien enige van die betrokke persone nie binne 48 uur reageer nie, sal ʼn volgende wenner aangewys word en die oorspronklike wenner sal die prys verbeur.
  • Sodra alle wenners gereageer het, sal hul name op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Die pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Christa Steyn-Bezuidenhout ·

Goeie dag, Marna.
Daar word ongelukkig nie kaartjies vir die fliek weggegee nie. Vyf lesers kan elk ʼn eksemplaar van Jeremy Camp se album “I Still Believe – The Greatest Hits” wen. Die berig is intussen gewysig sodat dié inligting duidelik is.
Vriendelike groete,
Christa
nms
Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.