Wen: Is jy ʼn Wes-Kaapse leser? Kom fliek saam met ons

Hierdie kompetisie het gesluit.

Ná 16 jaar as predikant van die Moedergemeente word Tienie Benade (Frank Opperman) gekonfronteer met ’n geweldige daling in lidmaatgetalle en ’n moderne gemeenskap wat daagliks verander. Is daar nog ’n plek in hierdie wêreld vir predikante óf die kerk?

Hy doen sy bes om aan te pas en sin te maak van die veranderings, maar in die proses raak hy vervreemd van sy vrou (Henriëtta Gryffenberg) en kinders. Ná ’n voorval met ’n sterwende boemelaar bevind Tienie hom by ’n kruispad. Sal hy sy selfvertroue en die liefde van sy gesin kan terugwen? Sal hy dapper genoeg wees om sy gemeente ’n nuwe era in te lei?

Wen

Wen een van tien gesinskaartjies na die voorskou van die nuwe fliek Dominee Tienie in Somerset-Wes.

Jy kan die voorreg hê om Dominee Tienie eerste te sien! Maroela Media en Helpende Hand nooi jou en jou gesin om saam met ons na ’n voorskou van Dominee Tienie te kom kyk. Al wat jy moet doen om kaartjies te wen is om jou kontakbesonderhede in te vul en onderstaande vraag te beantwoord.

Die vertoning vind plaas op 17 Januarie om 19:00 vir 19:45 by Ster-Kinekor, Somerset Mall, Somerset-Wes. Die kompetisie sluit op 15 Januarie om 12:00.

Let wel: die fliek ʼn ouderdomsbeperking het van 13PGL.

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.