Wen: ‘Jonathan’: ʼn Skreeusnaakse, dog eerlike blik op die komediant


Jonathan (Foto: Verskaf)

Jonathan (Foto: Verskaf)

Jonathan is 30 jaar oud. Op dié rype ouderdom het hy nie veel meer as sy groot drome nie, en woon selfs nog onder sy ouers se dak. Maar toe hy een aand ʼn drankie te veel drink en met sy pa se motor in ʼn ongeluk betrokke is, was sy ouers keelvol: Straat toe met Jonathan, en as hy gaan oorleef én sy drome waar maak, sal hy vinnig moet begin werk.

Dít is die storielyn van die nuwe Afrikaanse komedie Jonathan.

Dié storielyn draai om die gewilde komediant Jonathan van Radio Raps, oftewel Rikus de Beer.

De Beer het vroeër ʼn “vals stasie” gestig as deel van sy “stand up”-komedie terwyl hy nog besig was om naam te maak in die bedryf. ʼn Fopkarakter wat op ʼn dag glo na die stasie ingebel het, het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei, en Jonathan van Radio Raps het ʼn bekende komediant onder Suid-Afrikaners geword.

Nou kan dié komediant in die eerste van ʼn fliek-drieluik gesien word.

“Die gehoor kry nou ʼn kans om Jonathan te ontmoet. Hulle sien wie sy ma-hulle is, waar hy vandaan kom en hoe sy proses van raadgee begin het. Dit gaan kortweg daaroor dat Jonathan ná vele pogings nog nie sy komedie-loopbaan van die grond af kon kry nie, en dan, ná die voorval met die kar, moet hy self begin leer. Hy word dan ʼn karwag en die storie vat vlam,” sê Sallas de Jager, die vervaardiger, skrywer en regisseur van die fliek.

De Jager meen dié fliek is ʼn sogenaamde “aksie-komedie” wat in dieselfde trant as die Leon Schuster-rolprente val. “In die afgelope tien jaar was daar nog nie ʼn ekwivalent van dié tipe flieks in Afrikaans nie, juis daarom sal mense dit des te meer geniet.”

De Beer meen dié fliek is vir ʼn wye gehoor. “Mense bel my en sê hulle het lanklaas vir 90 minute aanmekaar gelag, só baie dat hulle selfs seer het. Maar  dis ook werklik ʼn mooi storie met ʼn dieperliggende tema wat sal opvoed en mense iets leer. As die storielyn ernstig en eerlik is, is die komedie makliker. Maar die fliek het beslis diepte.”

Wat sê die karakter Jonathan oor die fliek? “Dis ʼn great movie. Dis diep én fliek terselfdertyd, so dis half in die middel. Ek het baie mense soos Brümilda [wat ook in die fliek te sien is] geleer hoe om haar woorde te onthou. Dit vertel my storie oor waar ek vandaan kom en hoekom ek so slim is,” skerts hy.

Ander akteurs soos Paul Eilers, Eric Nobbs, Rika Sennett, Brümilda van Rensburg, Lizz Meiring en Beáte Opperman is ook in die fliek te sien.

Jonathan is reeds vanaf 2 Desember in teaters landwyd.

Vir meer inligting, besoek die fliek se Facebook-blad.

WEN: Drie gelukkige lesers kan ook elk ʼn Jonathan-geskenkpak wen. Om in te skryf, stuur jou naam, van, kontaknommer, woonadres en antwoord op die volgende vraag na [email protected]: Wat is Jonathan van Radio Raps se regte naam? Die kompetisie sluit 31 Desember. Wenners word per e-pos in kennis gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Wim ·

Sal ook vir hom kyk as hy ontslae raak van daardie idiotiese gedoente op sy kop.

Marianne ·

Kommediante moet absoluute genial mense wees. Genade jy moet ‘n hellova ik he om so stupid te kan wees.
Ek love kommedies – daar moet baie meer werk aan ‘n kommedie as drama of riller wees.
Ek wens Jonathan alles van die beste toe. Puik werk werklik!

Marianne ·

Wim as jy nie ‘n humorsin het nie, bly eerder stil.
Jack Parrow is pateties – na my meaning – maar hy benodig sy keps vir sy image.
Jonathan in tenminste nie zef nie en sy keps pas by sy image.
Word Groot man! Get with it!!!!
My 7 jarige seun get-it! Hy het ook so kepsie!

Harrie ·

Nee wat die man is flou.Sy vieslike youtube video’s staan my ook nie aan nie.Kan nie dink hoe Maroela Media hulself met die knaap kan identifiseer nie..

JC ·

Ek het sy YouTube video begin kyk en dadelik afgesit. Hy is vuil as jy die “f” woord so herhaaldelik gebruik. Maat,kry jou lewe in orde.

JvA ·

Ek dink ons land het so bietjie “simpel” vermaak nodig. Hy maak my lekker lag :)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.