[Wen] ‘Modder en Bloed’ binnekort in teaters

Modder en Bloed. Foto: Verskaf

Modder en Bloed. Foto: Verskaf

Modder en Bloed, ʼn epiese periodefliek oor die Anglo-Boereoorlog, begin 1 April in teaters landwyd draai.

Dié fliek vertel die verhaal van Willem Morkel nadat sy vrou en kind in die Anglo-Boereoorlog in 1901 vermoor is.

Ná die dood van sy vrou en kind word Morkel (Stian Bam) verban na St. Helena waar hy saam met ander krygsgevangenes aangehou word. Tydens die gevangenskap is daar geen genade nie en leef hulle in haglike omstandighede. Hoewel elke dag ’n stryd om oorlewing is, moedig dit kameraadskap onder die gevangenes aan en word hulle so heg soos ’n familie.

In die fliek is kolonel Swannell (Grant Swanby), ’n man met ’n diepgewortelde haat vir die Afrikaner, in beheer van die konsentrasiekamp. Dit is teen hom dat Morkel ’n uitdaging aanvaar wat lei tot die belangrikste stryd van die Boere se lewe.

“Morkel is ʼn natuurlike leier en iemand wat vreeslik strategies dink. Maar hy was ook ʼn goeie boer en ʼn gewone mens, en vandaar het sy natuurlike instink om die leier te wees, selfs onder druk, hom ʼn simbool van die Afrikaner gemaak het,” vertel Stian Bam oor sy karakter.

Akteurs soos Deon Lotz, Edwin van der Walt, Albert Maritz, Altus Theart, Jacques Bessenger, Bok van Blerk, Michael Richard en David Louw maak ook hul verskyning in die prent. Britse akteurs soos Charlotte Salt (Katherine Sterndale), Patrick Connolly, Nick Cornwall en Josh Myers is ook in die fliek te sien.

Kompetisie: Vyf lesers kan elke dubbelkaartjies vir die fliekpremière van Modder en Bloed wen vir 10 Maart. Stuur jou naam, kontakbesonderhede en die antwoord op die volgende vraag aan [email protected]: Wanneer begin Modder en Bloed in teaters draai? Die wenners sal per e-pos in kennis gestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sanja Raubenheimer ·

Sal dit bitter graag wil sien Lyk regtig na ‘n lekker fliek!!

Marieka Visagé ·

Sal die film baie graag wil sien. Daar is so baie films oor die wêreldoorloë – wat is daar oor die Boere se twee vryheidsoorloë? Dus dankie, ons sal gaan kyk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.