[Wen] ‘My Father’s War’ binnekort op DVD

My Father's War-DVD (Foto: Verskaf)

My Father’s War-DVD (Foto: Verskaf)

Resensente was dit eens: Dit was van die beste oorlogstonele wat nóg in ʼn fliek uitgebeeld is en dié fliek het ʼn eerlike en unieke blik op verhoudings en die Grensoorlog gegee. My Father’s War het wyd aandag getrek en as jy die bohaai gemis het, hoef jy nie te bekommer nie: Dié rolprent is binnekort op DVD en DStv BoxOffice beskikbaar.

Dié fliek, die bekroonde akteur, skrywer, vervaardiger en rolprentmaker Craig Gardner se debuut, het fliekgangers betower toe dit vroeër vanjaar in teaters gedraai het.

My Father’s War, in Afrikaans en Engels, fokus op die gebroke verhouding tussen ʼn pa en sy rebelse tienerseun. Dit speel af in 2003 en vertel van die verhouding tussen die 19-jarige Dap Smit (Edwin van der Walt), wat deurgaans met sy pa, Dawid (Stian Bam), ʼn veteraan van die Grensoorlog, baklei.

Die twee mans kan oor niks saamstem nie en Dawid se vrou, Karina (Erica Wessels), word in die middel van hul epiese worsteling vasgevang. Dit is eers wanneer Dap ʼn reeks drome kry waarin hy ʼn soldaat tydens die Grensoorlog is en sy pa op sy ouderdom ontmoet, dat alles verander.

Ander akteurs wat in die fliek te sien is sluit in Neels Clasen, Hannes Muller, Meren Reddy, Fumini Shulubana, Jai’prakesh Shewram, David Rees en die opkomende kinderster Vian Singleton.

Benewens indrukwekkende oorlogstonele wat selfs Hollywood-regisseurs met goedkeuring laat knik en kykers op die punte van hulle stoele hou, is die fliek ’n roerende verhaal oor seerkry, konflik, spoke uit die verlede en teleurstellings, maar ook een van vergifnis, geloof, genesing en liefde. Dit is ʼn fliek wat jou diep sal raak.

Die fliek is nou beskikbaar by jou naaste videowinkel en ook beskikbaar op DStv BoxOffice. Die DVD sal op 25 November te koop wees by uitgesoekte winkels.

WEN: Vyf Maroela Media-lesers kan ʼn DVD van My Father’s War wen. Om in te skryf, stuur jou naam, e-pos-adres, kontakbesonderhede, fisieke adres, en jou antwoord op die volgende vraag na [email protected]: Wanneer is die DVD in winkels beskikbaar?

Inskrywings sluit op 25 November om 17:00. Wenners sal per e-pos in kennis gestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pieter ·

Ek het nou net ingeskryf. @ Bea, dankie vir die resensie.
Nou wag ek…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.