Sowat 80 km anderkant San Francisco in die noorde van Kalifornië het Sarah Winchester – erfgenaam van die Winchester-fortuin – in ʼn seweverdiepinghuis met honderde vertrekke gewoon. Ná haar dood in 1922 het talle gesê Sarah spook steeds in dié huis – wat later as die grootste spookhuis ter wêreld bekend sou staan.
Nóú, byna ʼn eeu later, is die veelbekroonde Britse aktrise Helen Mirren (72) in die rol van Winchester in die nuwe fliek Winchester te sien. Dié fliek het pas landswyd in teaters begin draai.
Mirren het in 2007 ʼn Oscar ontvang vir haar rol in The Queen. Sy is by drie ander geleenthede vir dié toekenning benoem – vir haar rolle in The Last Station, Gosford Park en The Madness of King George.
As deel van die promosie vir dié fliek gaan die bemarkingspan van Winchester in Suid-Afrika saam met Die Pretoria Spookbus, wat sewe keer per jaar ʼn spookbustoer in Pretoria aanbied, kragte snoer. Dié toer neem jou deur donker strate van die Jakarandastad en vertel staaltjies oor sogenaamde spookhuise in die stad, soortgelyk aan dié in die fliek.
Vir meer inligting oor die fliek, besoek die amptelike Facebook-blad van “Winchester Movie”.
WEN: Vyf lesers en hul metgeselle kan elk ʼn aand vol storievertellings van legendes beleef met ʼn dubbelkaartjie vir ʼn Pretoriase Spookbustoer eerskomende naweek. Die toer beloof ʼn uitsonderlike ervaring met interessante geskiedenis van Pretoria, sy geboue en die omgewing. Om in te skryf, stuur jou naam, van en kontaknommer na [email protected]. Elke wenner wen ʼn dubbelkaartjie en word per e-pos in kennis gestel. Bepalings en voorwaardes geld. Vir meer inligting oor dié spookbustoer besoek die amptelike webwerf.
Spook spook hoe laat is dit ???
Tyd om bus te ry
Dankie, maar ek is baie bang vir spoke ! Die kompetisie is nie vir my bedoel nie !!!
MAG EK WEN ASB