Wen: Trompie word 45!

 Trompie_01_Poster-Koerantuitknipsel.jpg

Advertensie wat in 1975 verskyn het (foto verskaf)

Onthou jy nog die dae toe Trompie en sy Boksombende die helde was?

Ná vele versoeke van die publiek het Capitol Cinema in Pretoria besluit om Trompie weer na die groot skerm te bring. In dié vollengtefilm word die kyker bekend gestel aan die 11-jarige Trompie.  Hy is egter nie nét ʼn gewone 11-jarige nie. Trompie is die leier van die Boksombende.

Saam met sy boesemvriende, Rooies, Blikkies en klein Dawie, pak hulle ʼn reeks avonture aan.  Natuurlik nie sonder gevolge nie! Hul avonture laat hulle gereeld in die sop beland. Van dié “avonture” sluit die dominee en ʼn bobbejaan in, Trompie se sussie se kêrel en ʼn geruïneerde skooloperette. En dit is maar net ʼn druppel in die emmer van die kattekwaad wat dié manne aanvang!

Trompie, die rolprent, is gegrond op die verhale deur Topsy Smith wat uiteindelik gelei het tot die geliefkoosde televisiereeks met dieselfde naam.

Wil jy graag weer die nostalgie van Trompie beleef? Van 8 Februarie af het fliekgangers die geleentheid om weg te raak in die avonture van Trompie en sy vriende. Ook is dit die 45ste herdenking sedert Trompie geskep is.

Capitol Cinemas is geleë by die China Mall, hoek van Sefako Makgatho- (voorheen Zambezilaan) en Molotoweg, Derdepoort, Pretoria.

Trompie kan die volgende tye gesien word:

  • Vrydag 8 Februarie om 17:30
  • Saterdag 9 Februarie om 12:00
  • Sondag 10 Februarie om 12:00 en 14:30
  • Dinsdag 12 Februarie om 14:30

Vir meer inligting, besoek gerus Capitol Cinemas se webblad.

Wen

Jy het ʼn kans om twee kaartjies te wen vir ʼn vertoning van Trompie. Die kompetisie sluit Vrydag 8 Februarie om 13:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.