[Wen] ‘Vir Altyd’ op DVD uitgereik

Vir Altyd word op 13 Junie op DVD vrygestel (Foto: Verskaf)

Vir Altyd word op 13 Junie op DVD vrygestel (Foto: Verskaf)

Die Afrikaanse rolprent Vir Altyd word op 13 Junie op DVD uitgereik, en vyf Maroela Media-lesers staan die kans om ʼn DVD te wen.

Vir Altyd vertel die verhaal van Hugo (Ivan Botha) en Nina (Donnalee Roberts) wat saam as beste vriende grootword, ten spyte van haar ouers se teenkanting, maar kontak verloor weens ’n tragiese gebeurtenis wat hul lewe vir altyd verander. Hulle ontmoet mekaar egter weer nadat Nina voor die kansel gelos is.

Dié Afrikaanse romantiese avontuurfliek is onlangs aangewys as die Afrikaanse fliek wat die meeste geld óóit by die loket ingesamel het. Die algehele inkomste van die fliek het meer as R15 miljoen beloop.

Vir Altyd gaan beskikbaar wees by Game, Makro, Top CD, Musica, CNA, Checkers, Pick n Pay, Takealot en Music Moods.

Aanhangers kan ook uitsien na ʼn landwye Vir Altyd-toer. Ivan en Donnalee gaan landwyd toer om aanhangers te ontmoet, oor die fliek te gesels en foto’s te neem by die winkels waar die DVD verkoop word.

Datums vir die spesifieke dorpe wat besoek word, kan op Ivan, Donnalee of Vir Altyd se Facebook-blaaie verkry word.

Die fliek is ook vanaf 13 Junie op DStv BoxOffice en by DVD-huurwinkels beskikbaar.

Let wel – Die kompetisie is nou gesluit: Vyf lesers kan elk ʼn Vir Altyd-DVD wen. Om in te skryf, stuur jou naam, van, posadres en jou antwoord op die volgende vraag na [email protected]: Wanneer word Vir Altyd amptelik op DVD uitgereik? Die kompetisie sluit 15 Junie. Wenners word per e-pos in kennis gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

marianne ·

Ek is Dom oor Ivan en Donnalee. Hulle lewe lyk na been groot romans, ek is bly dat hulle nog ‘n mooi DVD uitgebring het.
Mag hulle jare Lange sukses saam beleef.

Adri Snyman ·

Vir Altyd is puik ,mal oor Donnalee en Ivan .
Bid hulle sterlte toe vir al die rolpretnte wat hulle gaan maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.