‘Wonder Woman’ ‘n wenner by die loket

Gal Gadot as ‘Wonder Woman’. Foto: Clay Enos/Warner Bros. Entertainment via AP

Die superheldfilm Wonder Woman maak nie net skoonskip by die loket nie, maar het ook ander mylpale bereik.

Wonder Woman het net meer as $120 miljoen wêreldwyd verdien in sy openingsnaweek. Dit is nou ook die grootste lokettreffer nóg waarvan ’n vrou die regisseur was – in hierdie geval Patty Jenkins. Haar vorige treffer was die rolprent Monster waarvoor Charlize Theron ‘n Oscar gewen het.

Regisseur Patty Jenkins (links) en Gal Gadot. Foto: Jordan Strauss/Invision/AP

Vroueregisseurs was slegs verantwoordelik vir 9% van die 250 lokettreffers in 2015 en 7% in 2016. Jenkins hou nou die rekord vir die beste openingsnaweek vir ‘n vroueregisseur. Die vorige rekord het aan Sam Taylor-Johnson behoort vir Fifty Shades of Grey.

Gal Gadot vertolk die rol van Wonder Woman, die eerste rolprent wat uitsluitlik oor ’n vroulike superheld gaan.

Libanon het die rolprent verbied omdat Gadot ’n soldaat in die Israelse weermag was.

Wonder Woman se lokprent:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Melt Olckers ·

Waar is die broederbonder onderwyser nou wat gese het ek mag nie comics lees nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.