FNB Joburg ArtFair: Sanell Aggenbach | Heropbou van Herinnering

Sanell Aggenbach Foto: FNB Joburg ArtFair (verskaf aan Maroela Media)

Sanell Aggenbach Foto: FNB Joburg ArtFair (verskaf aan Maroela Media)

Kaapstadse kunstenaar Sanell Aggenbach werk met ‘n verskeidenheid van mediums insluitend skilder, beeldhoukuns, borduurwerk en installasie. Kenmerkend in al haar werk is ‘n diepgaande bespieëling en empatiese betrokkenheid met haar onderwerp.

Temas wat herhaal word in haar skeppings is geskiedenis, die verganklikheid van geheue en ‘n gevoel van hunkering. Sanell gaan ‘n voortsetting van haar Familia Obscura werk by hierdie jaar se FNB Joburg ArtFair uitstal.

Wanneer en hoekom het jy besluit om ‘n kunstenaar te word?

Nadat ek my graad voltooi het aan die Universiteit van Stellenbosch het ek vir ‘n paar jaar as ‘n kelnerin gewerk, gereis en lesings gegee. Dit was eers nadat ek die Absa Atelier-toekenning in 2004 gewen het, dat ek ‘n voltydse kunstenaar kon word. Dit was een van daardie loopbaankeuses wat jy nie ligtelik opneem nie, juis omdat dit so ‘n wisselvallige bedryf is.

Wat was die eerste kunswerk wat jy verkoop het en hoe het jou werk sedertdien verander en ontwikkel?

Ek het my eerste solo-uitstalling in 1998 gedoen by AVA nadat ek gegradueer het. In daardie stadium was daar slegs twee kontemporêre kunsgalerye in Kaapstad – AVA en João Ferreira. Ek het ‘n paar skilderye verkoop, almal gebaseer op my liggaam. My werk het sedertdien ontwikkel en ek ondersoek ook ander temas oor ons kulturele erfenis, politieke identiteit in ‘n verskeidenheid van mediums.

Jy beweeg baie gemaklik tussen al die verskillende kunsdissiplines soos skilder, drukkuns, beeldhouwerk, naaldwerk en tapisserie. Wat is vir jou die lekkerste daaraan om met so ‘n groot verskeidenheid mediums te werk en hoekom werk jy met hierdie spesifieke mediums?

My studies by Stellenbosch het my al die basiese vaardighede geleer soos sweiswerk, hoe om met elektriese gereedskap te werk, intaglio drukkuns, ‘screen printing’, hoe om jou eie doeke te strek, ens.

Gedurende daardie tyd was die metode van kuns-maak net so belangrik soos die akademiese en konseptuele ondersteuning. Ek dink die basiese grondslag wat toe gelê is, het dit makliker vir my gemaak om ‘n verskeidenheid van mediums in een versameling van werk te gebruik.

Ek is baie hardkoppig in die feit dat ek nie gekenmerk wil word as “‘n skildenaar wat rond speel met beeldhouwerk” of ‘n “drukker wat verf” nie. Een van my huidige belange is die verandering en transformasie van die tweedimensionaliteit van ‘n skildery. Noudat ek dit genoem het, kan ek seker ook sê dat ek net so gemaklik is met ‘n tradisionele skildery soos in die skepping van ‘n brons beeldhouwerk. Ek geniet dit om ‘n probleem op te los en te sien hoe ek materiaaluitdagings kan oorkom.

Jou onlangse werk speel op die dubbelsinnigheid tussen werklikheid en voorstelling. Wat van hierdie teenstrydigheid vind jy interessant?

My onlangse werk hou verband met ‘outentieke vervalsing’ (waarna Luc Tuysmans verwys) waar die beeld twee keer verwyder is van die werklikheid. Dit is hierdie skeuring tussen oomblikke, foto’s en emosionele reaksie wat my boei.

Vertel ons ‘n bietjie meer oor die estetiese deursigtige en suggestiewe gevoel van jou skilderye en hoe dit visueel jou temas uitbeeld.

Ek het eers ses jaar gelede met olieverf begin werk en vind dit is ‘n wonderlike medium. Omdat dit so lank neem om droog te word, maak dit voorsiening vir eindelose manipulasie en die ‘Gossamer’-effek van verskillende lae en deursigtigheid. Hierdie gedeeltelike verteenwoordiging hou verband met temas van verbygaande geheue en ‘n gevoel van hunkering wat ek dikwels verken.

Wat verteenwoordig die voorwerpe en kleurskema wat in jou werk voorkom?

Elke voorwerp wat ek verf is gekies omdat dit iets persoonlik vir my beteken. Op ‘n manier geniet ek ‘n oop interpretasie van my werk, eerder as ‘n vasgestelde verduideliking, wat die kyker halfpad ontmoet. Dieselfde kan gesê word oor my keuses van kleur, soms is die besluit gebaseer op intuïsie en soms is dit ‘n meer formele benadering.

Wat gaan jy hierdie jaar uitstel by FNB Joburg ArtFair? (Vertel ons asseblief meer oor die kunswerek, die inspirasie en die proses)

Verlede jaar het ek ‘n versameling van werk uitgestel, getiteld Familia Obscura wat gebaseer is op verduisterde familiefoto’s. Ek het besluit om hierdie konsep vir die FNB Joburg ArtFair uit te brei deur vyf nuwe kunswerke te skep: drie botaniese skilderye en twee bronsbeelde. Daar is ook ‘n ironiese siening op die ‘vroulike oogpunt’, wat insluit ‘n re-interpretasie van Michelangelo se Pietà. Ek het dit geniet om hierdie werke te skep en vroulike konsepte uit te beeld met manlike mediums (brons).

Wat is die voordele om by ‘n kunsmark uit te stal?

Die FNB Joburg ArtFair maak voorsiening vir ‘n wyer gehoor. Die fokus is weg van die “heilige galery”-gevoel en kyk meer na die handeldryf aspek van die kunsbedryf. Dit is ook ‘n fantastiese manier om Suid-Afrika se huidige stemming en sentiment te verstaan.

Wat doen jy as jy nie werk nie en hoe inspireer dit jou werk?

Ek het nogal baie gereis, nou is dit moeiliker met twee jong kinders. Ek skakel nooit heeltemal af nie, selfs as ek tussen twee projekte is, spandeer ek baie tyd aan navorsing. Dit doen ek in Kaapstad se biblioteek, ek verkies dit eerder as om ure op die internet te spandeer.

Is daar ‘n spesifieke kunswerk, jou eie of die van ‘n ander kunstenaar, wat ‘n blywende indruk op jou gemaak het? (Wat en hoekom)

In 1999 het ek die kunswerk gesien van Antony Gormley, Field for the British Isles, in die Winchester-katedraal. Dit is iets wat mens verras en jou oog vang, al hierdie duisende ongeglasuurde, klein kleifigure,wat naby mekaar staan en na die kyker staar terwyl dit ‘n groot ingeslote ruimte vol maak. Dit is een van daardie groot, maar tog baie eenvoudig werke wat nog steeds by my spook en my inspireer. Ander kunstenaars wat my wakker hou in die nag is Louise Bourgeois en Grayson Perry.

Wat sou jy wees, indien jy nie ‘n kunstenaar was nie?

Ek weet nie, miskien ‘n baie gefrustreerde persoon.

Wat is volgende in jou dagboek?

Ek het ‘n uitstaande beeldhoukommissie wat ek voor die einde van die jaar moet voltooi. Volgende jaar gaan ek baie besig wees met die Volta Art-kunsmark in New York, ‘n groep-uitstalling in Londen en ‘n solo-uitstalling by Brundyn in Kaapstad in November 2015.

Vind meer uit oor Sanell se werk via Brundyn+.

Klik hier vir meer inligting oor die FNB Joburg ArtFair.

Lees ook: FNB JoburgArtFair: A Collectors’ Guide To Buying Art

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.