FNB se Joburg ArtFair: Georgina Gratrix | Bewonderenswaardige Lelikheid

CEO deur Georgina Gratrix. Alle afbeeldings is die kopiereg van Georgina Gratrix. Foto's met die verlof van die SMAC Kunsgalery, Stellenbosch, Suid-Afrika.

CEO deur Georgina Gratrix. Alle afbeeldings is die kopiereg van Georgina Gratrix. Foto’s met die verlof van die SMAC Kunsgalery, Stellenbosch, Suid-Afrika.

Georgina Gratrix is ‘n Kaapse kunstenaar wie se werk gekenmerk word deur ‘n sardoniese speelsheid en, in die meeste gevalle, ‘n obsene dik aanwending van olieverf. Haar verwysingsraamwerk is die klassieke kunsgeskiedenis sowel as popkultuur. Haar kunswerke is ‘n speelse samevoeging van meisieagtige bevliegings, die groteske en skerpsinnige kritiese waardering.

Georgina se werke word vanjaar by FNB se Joburg ArtFair vertoon in die uitstalling Dialogues with Masters. Die kurator is die kunstenaar Thembinkosi Goniwe en hy het tien kontemporêre kunstenaars genooi om visueel te reageer op die werk van 20ste eeuse Suid-Afrikaanse meesters.

Jy werk met baie mediums, maar jy konsentreer op skilder. Wat laat jou so tot hierdie medium aangetrokke voel?
Ek hou van verf én ek haat dit. Ek dink dis hoekom die medium my interesseer. Om nuwe maniere te vind om daarvan te hou en om iets nuuts daarmee te doen.

Wat is sommige van die indrukke, realisasies, trajekte wat verken is en invloede wat jy vertolk het en wat bygedra het om jou werk te beïnvloed?
Ek het onlangs besef hoe belangrik dit is om ‘n ateljeepraktyk te vind wat my pas. Op die oomblik werk dit om snags en vroegoggend te werk en na slegte rave op die radio te luister.

Vertel ons asseblief iets van jou belangstelling in die belangrikheid en die stoflikheid van verf, en hoe dit tematies in jou werk weerklank vind?
Ek het dit nog altyd reggekry om ‘n gemors te maak. Verf is baie nuttig vir so iets.

Jy het die onwaarskynlike bereik – jy werk skynbaar sonder inspanning ‘n sin vir humor by jou werke in. Hoekom is dit vir jou so belangrik?
Jy kan baie dinge agter ‘n skewe glimlag wegsteek.

Afbeeldings is een van jou gunstelingenres – wat van hierdie tradisionele vorm interesseer jou?
Afbeeldings is ‘n slegte gewoonte. Ek rook te veel.

Vertel ons asseblief van sommige van die motiewe wat in jou werk herhaal – die oë, strikke, reënboë, ens., en wat hulle voorstel?
Die motiewe is vir my ‘n soort hiërogliewe. Boosaardige ooghare en strikke, hondjies, te veel tande, pynappels en palmbome, eensame voëls. Kitschagtige tropicana. Bewonderenswaardige lelikheid.

Watter idees en temas ondersoek jy tans of werk jy op die oomblik mee, en hoe sal dit in jou werk uiting vind?
Ek dink op die oomblik aan “unpainting”. En kalenders.

Wat kyk/lees/luister of kyk jy tans?
Ek kampeer tans in Kanada en ek ontwikkel ‘n waardering vir countrymusiek, en ek is besig om Alanis Morisette te herontdek.

Skilderwerk geniet ‘n taamlike herlewing en ‘n nuwe golf jong skilders ondersoek die medium. Is daar iemand in hierdie groep wat ons moet dophou?
In Berlyn het ek ‘n oorweldigende aantal jong skilders gesien. Dis ‘n ervaring om ‘n vertoning deur Maria Lassnig by te woon en te sien hoe ‘n vrou in haar negentigs dit soveel beter doen.

Kunstefeeste is smorgasborde van verskillende artistieke style en mediums. Wat maak dit vir jou lekker om aan hierdie soort gebeurtenis deel te neem?
Ek dink nie kunstefeeste is regtig vir kunstenaars bedoel nie. Die vertoning waarvan Thembinkosi Goniwe vanjaar die kurator is behoort interessant te wees.

Ontdek meer oor Georgina se werk by SMAC Art Gallery.

Alle afbeeldings is die kopiereg van Georgina Gratrix. Foto’s met die verlof van die SMAC Kunsgalery, Stellenbosch, Suid-Afrika.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.