Die beste presteerders in die Afrikaanse mediawêreld is op 13 Mei by Vodacom World in Midrand met ’n Mediaveertjie deur die ATKV bekroon.
Die Mediaveertjies is ’n viering van die belangrike rol wat die media in die samelewing speel.
Gaste is vanjaar vermaak deur Schalk Bezuidenhout, die gasheer vir die aand. Hy is bygestaan deur Tribal Echo, die gewilde eklektiese inheemse rockgroep al die pad uit die Kaap, en die ATKV se wen-Rieldansgroep uit die Sederberge, Die Nuwe Graskoue Trappers. Die regisseur was Henriëtta Gryffenberg.
Kategorie: Luister
Die beoordelaars in hierdie kategorie was: Jenine Coetzer, Albe Grobbelaar en Kirby van der Merwe en die wenners is soos volg:
Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n joernaalprogram
Ettienne Ludick & Sue Pyler – Middag op RSG: Tannie Evita word 80 – RSG
Beste insetsel in ’n joernaalprogram
Anna-Marie Jansen van Vuuren – Naweek-aktueel: Skepper van verskeie Afrikaanse kinderliedjies, Betty Misheiker, oorlede – RSG
Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of aktualiteitsprogram
Ivor Price & Anita Visser: Monitor: Versoeningsdag met eerw. Frank Chikane & Adriaan Vlok – RSG
Beste insetsel in ’n nuus- of aktualiteitsprogram
Anita Visser – Monitor: Hirosjima: 70 jaar later – RSG
Beste joernaalprogram
Ilse Salzwedel – Die woordketting – RSG
Beste nuus- of aktualiteitsprogram
Suzanne Paxton & Melissa Tighy – Spektrum: President Jacob Zuma se staatsrede – RSG
Beste dokumentêre program of programreeks
Johan van Lill – Christopher Kindo: Voete soos vlerke – RSG
Beste insetsel in ’n opvoedkundige program
Johan van Lill – Ons en die onderwys: Robotte in die klaskamer – RSG
Beste teks vir ’n radiodrama of –teater
Martyn le Roux – Bloedlyn – RSG
Beste regisseur van ’n radiodrama of –teater
Bettie Kemp – Sonate – RSG
Beste aanbieder by ’n gemeenskapsradiostasie
Su-an Marais – Su-an en so aan – GROOTfm 90.5
Beste aanbieder by ’n kampusradiostasie
Charonike Nel – Rooiwynsondag – PUKfm 93.6
Kategorie: Lees
Die kategorie “Lees” se beoordelaars was: Wilma de Bruin, Anastasia de Vries en Elna Rossouw met die volgende wenners:
Beste in-diepte artikel
Murray La Vita – Pyn, potta-potta en protes – Die Burger
Beste ondersoekende joernalistiek
Pieter-Louis Myburgh – R600 miljoen-optelfout – Ingevoerde lokomotiewe te hoog vir SA spoorlyne – Rapport
Beste persoonlikheidsprofiel
Anika Marais – Die leier van die Bybelstudie-bendes – By: Die Burger
Beste kunste-artikel
Marida Fitzpatrick – Wit en gatvol ja, maar nie ’n rassis, sê Willem Boshoff – Beeld
Beste leefstyl-storie
Sandra Troskie – ’n Toer met skoppensboer – Vrouekeur
Beste essay, rubriek of opiniestuk
Marida Fitzpatrick – “Ja, ek is bevoorreg omdat ek wit is” – Netwerk24
Beste sportartikel
Sophia van Taak – Vanaand gaan die poppe dans! – Weg
Beste gemeenskaps- of plaaslike koerant
Bloemnuus – Redakteur: Ruan Bruwer
Beste kampuskoerant
Wapad – Redakteur: Jeanelle Greyling
Kategorie: Kyk (Verhalende genres)
Die Verhalende genres se beoordelaars het ingesluit: Diane de Beer, Laetitia Pople en Marguerite Robinson. Vanjaar word die volgende persone met ’n ATKV-Mediaveertjie bekroon:
Beste draaiboek vir ’n dramareeks of enkeldrama
Paul C. Venter – Vlug na Egipte
Beste regisseur vir ’n dramareeks of enkeldrama
Human Stark – Vlug na Egipte
Beste dramareeks of enkeldrama
Human Stark – Vlug na Egipte
Beste akteur in ’n dramareeks of enkeldrama
Frank Opperman – Terug na Egipte
Beste aktrise in ’n dramareeks of enkeldrama
Marion Holm – Vlug na Egipte
Kategorie: Kyk (Aktuele genres)
Die kategorie is beoordeel deur Hannelie Booyens, Jan-Jan Joubert en Irna van Zyl met die volgende wenners.
Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n joernaalprogram
Hannes van Wyk – Kwêla – kykNET
Beste insetsel in ’n joernaalprogram
Hanné Koster – Kwêla: Nuwe boek oor Ingrid Jonker – kykNET
Beste joernaalprogram
André Calitz & Ronel Moodie – Reis na Gister – kykNET
Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of aktualiteitsprogram
Freek Robinson – Robinson – kykNET
Beste insetsel in ’n aktualiteitsprogram
Renée de Villiers – kykNET Verslag: Roodepoortskool – kykNET
Beste nuusinsetsel
Maryna Lamprecht & Jurg Slabbert – Topstories: FIFA-korrupsieskandaal – Netwerk24
Beste nuus- of aktualiteitsprogram
Alet van Rensburg Wright – Fokus: Voortbestaan van Afrikaans as onderrigtaal by Universiteite – SABC 3
Beste dokumentêre program of programreeks
Wynand Dreyer & Christelle Parrott – Formidabele vroue: Petronella van Heerden – kykNET
Beste insetsel in ’n opvoedkundige program
Bonné de Bod & Susan Scott – 50/50: Padreëls – SABC 3
Beste vermaaklikheidsprogram
Paul Venter – Koekedoor – kykNET
Beste aanbieder van ’n vermaaklikheidsprogram
Emo Adams – Jou show – kykNET
Tydens vanjaar se ATKV-Mediaveertjies is daar vir die tweede keer ’n toekenning gemaak in die kategorie, Opkomende Joernalis van die Jaar. Mieke Vlok van Huisgenoot is deur die beoordelaars as wenner aangewys. Goeie, onderhoudende skryfstyl en ’n diepliggende benadering tot die onderwerp maak van Mieke ’n waardige wenner.
Is die AKTV, soos in die berig-opskrif aangedui, die afkorting vir die nuwe ‘Afrikaanse Kinder Televisie’, of hoe?
Dagsê Veritas
Ons vra om verskoning vir die flater!
Die berig is gewysig.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media