Foto’s: Hiér is vanjaar se Safta-wenners

Die span van The River wat aangewys is as die beste telenovela. (Foto: Twitter via @SAFTAS1)

Die wenners van die 13de jaarlikse Saftas (Suid-Afrikaanse fliek- en televisietoekennings) is Saterdag in Sun City in Noordwes bekendgemaak.

Die telenovela The River het skoonskip gemaak en ‘n ongelooflike tien beeldjies ingepalm, meer as enige ander produksie.

Ellen, die Ellen Pakkies storie het behoorlik rede om trots te wees. Quinn Lubbe het die toekenning ontvang vir die beste oorspronklike musiek of klankbaan vir dié rolprent, terwyl Daryne Joshua met ʼn beeldjie huis toe is as beste regisseur vir die aangrypende film. Jill Levenberg wat die rol van Pakkies vertolk, is as beste aktrise in ʼn rolprent aangewys, terwyl Jarrid Geduld wat die rol van Abe vertolk met die toekenning as beste rolprentakteur weggestap het.

Die televisiekomediereeks Tali’s Wedding Diary het onder meer beste kinematografie in ʼn televisiekomedie, en beste redigering van ʼn televisiekomedie gewen. (Foto: Twitter via @SAFTAS1)

Christiaan Olwagen en Charl-Johan Lingenfelder het die Safta-toekenning vir die beste rolprentdraaiboek ontvang vir die oorlogsdrama Kanarie. Willie Nel is bekroon vir beste rolprentkinematografie vir die fliek Meerkat Maantuig.

Die gewilde televisiereeks Fynskrif het ook ʼn beeldjie of twee verower. Stef Albertyn het die toekenning ontvang vir die beste klank in ʼn televisiedrama, terwyl Braam du Toit die prys gekry het vir die beste oorspronklike musiek of klankbaan in ʼn televisiedrama.

Julia Anastasopoulos (ook bekend as Suzelle DIY) is bekroon vir haar rol as Tali Shapiro in die televisiekomediereeks Tali’s Wedding Diary. Ari Kruger het die toekenning opgeraap vir die beste regie van ʼn televisiekomedie vir dieselfde reeks. Die reeks se James Adey het weggestap met die beeldjie vir bete kinematografie in ʼn televisiekomedie, en Richard Starkey is bekroon met die toekenning vir beste redigering van ʼn televisiekomedie vir Tali’s Wedding Diary.

Hannes Brummer is aangewys as die beste akteur in ʼn televisiekomedie vir sy rol as Benny in Elke skewe pot 2.

Ilse Klink het die Safta-toekenning ontvang vir beste ondersteunende aktrise in ʼn rolprent vir haar rol as Diona in Stroomop. (Foto: Twitter via @SAFTAS1)

Ilse Klink het die Safta-toekenning ontvang vir beste ondersteunende aktrise in ʼn rolprent vir haar rol as Diona in Stroomop. Minuche Bridgette Snyman het die toekenning ontvang vir beste grimering en stilering in ʼn rolprent vir dieselfde film.

Michelle Cronje het die toekenning ontvang vir beste kunsregie in ʼn televisiesepie vir haar werk in Getroud met rugby. Die eerste reeks van die landbouprogram Nisboere is bekroon vir beste produksie van ʼn joernaalprogram.

The Water Dancers van die Universiteit Kaapstad het die toekenning opgeraap vir beste studenterolprent. Die tweede reeks van My Kitchen Rules South Africa is bekroon vir beste internasionaleformaat-reeks. Stillborn is aangewys as die beste kortfilm.

Die beste aktrise in ʼn televisiesepie is Kgomotso Christopher vir haar rol as Yvonne Langa in Scandal! en die beste akteur in ʼn televisiesepie is Jamie Bartlett wat die rol van David Genaro in Rhythm City vertolk.

Besigtig die volledige lys van Safta-wenners hier.

Julia Anastasopoulos is bekroon vir haar rol as Tali Shapiro in die televisiekomediereeks Tali’s Wedding Diary. (Foto: Twitter via @SAFTAS1)

Stillborn is aangewys as die beste kortfilm. (Foto: Twitter via @SAFTAS1)

Die eerste reeks van die landbouprogram Nisboere is bekroon vir beste produksie van ʼn joernaalprogram. (Foto: Twitter via @SAFTAS1)

Die beste aktrise in ʼn televisiesepie is Kgomotso Christopher vir haar rol as Yvonne Langa in Scandal! (Foto: Twitter via @SAFTAS1)

Hannes Brummer is aangewys as die beste akteur in ʼn televisiekomedie vir sy rol as Benny in Elke skewe pot 2. (Foto: Twitter via @SAFTAS1)

Jill Levenberg wat die rol van Ellen Pakkies vertolk, is as beste aktrise in ʼn rolprent aangewys, vir Ellen, die Ellen Pakkies storie. (Foto: Twitter via @SAFTAS1)

Daryne Joshua is met ʼn beeldjie huis toe is as beste regisseur vir Ellen, die Ellen Pakkies storie. (Foto: Twitter via @SAFTAS1)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

L ·

Ook maar n paar opgemaakte katogerie om sommiges gelukkig te hou.

GrFan ·

Maak nie saak wat dié is nie…Simone Nortmann is loshande die beste aktrise, en die beeldskoonste…sjoe, gelukkige man daai van haar!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.