[Foto’s] Só lyk die 12 Mej. SA-finaliste

Yuta Raubenheimer (Foto: Twitter)

Yuta Raubenheimer (Foto: Twitter)

Die 12 finaliste wat volgende maand om die kroon in die Mej. SA-kompetisie gaan meeding, is amptelik bekend gemaak.

Dié finaliste is Adé van Heerden (25), Boipelo Mabe (23), Demi-Leigh Nel-Peters (21), Iman Mkwanazi (26), Kayla Malherbe (21), Nicole van Niekerk (26), Nompumelelo Mampholo (20), Odirile Sepeng (23), Priyeshka Lutchman (24), Shané Naidoo (24), Shelbe Pretorius (23) en Yuta Raubenheimer (25).

Die kroondraer van dié kompetisie, wat vir die eerste keer in 1943 aangebied is, gaan vanjaar ʼn allemintige R1-miljoen kontantprys ontvang tydens die kroningsgeleentheid by Sun City. Benewens dié prys wen sy ook ʼn nuwe motor, ʼn oorsese vakansie en ander pryse ter waarde van meer as R2 miljoen.

Die huidige Mej. Suid-Afrika, Ntandoyenkosi Kunene, gaan by dié geleentheid die kroon oorhandig.

Claudia Henkel, voormalige Mej. Suid-Afrika en mediabestuurder van Sun International, het gesê dié kompetisie ploeg terug in die lewe van vroue en probeer ook hul lewens verander. “Die kontantprys sal die wenner se lewe vir altyd verander en haar in staat stel om enigiets te bereik wat sy in haar lewe wou doen. Ons wil die beste persoon vir dié belangrike rol lok,” het sy gesê.

Vir meer inligting besoek die Mej. Suid-Afrika-webwerf.

Shelbe Pretorius (Foto: Twitter)

Shelbe Pretorius (Foto: Twitter)

Shané Naidoo (Foto: Twitter)

Shané Naidoo (Foto: Twitter)

Priyeshka Lutchman (Foto: Twitter)

Priyeshka Lutchman (Foto: Twitter)

Odirile Sepeng (Foto: Twitter)

Odirile Sepeng (Foto: Twitter)

Nompumelelo Mampholo (Foto: Twitter)

Nompumelelo Mampholo (Foto: Twitter)

Nicole van Niekerk (Foto: Twitter)

Nicole van Niekerk (Foto: Twitter)

Kayla Malherbe (Foto: Twitter)

Kayla Malherbe (Foto: Twitter)

Iman Mkwanazi (Foto: Twitter)

Iman Mkwanazi (Foto: Twitter)

Demi-Leigh Nel-Peters (Foto: Twitter)

Demi-Leigh Nel-Peters (Foto: Twitter)

Boipelo Mabe (Foto: Twitter)

Boipelo Mabe (Foto: Twitter)

Adé van Heerden (Foto: Twitter)

Adé van Heerden (Foto: Twitter)

Yuta Raubenheimer (Foto: Twitter)

Yuta Raubenheimer (Foto: Twitter)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Madelein Swart ·

Dit is hartseer dat vrouens nog steeds op uiterlike voorkoms ge’judge’ moet word. Al wat ek sien as ek na die foto’s kyk is borste……..

Liza ·

Dis presies wat ek gedink het. Ek het gewonder of hul self ‘n sê in die saak gehad het. Watse tipe kompetisie is dat dan nou? Nicole lyk meer stylvol. En die wat bietjie platter is lyk ook minder van ‘n spektakel.

Nicky ·

Jammer hulle is so skraps geklee. ‘n Vrou is tog baie meer as net haar lyf.

Cornelia 1 ·

Yuta Raubenheimer is my gunsteling.
Tweede, Kayla Malherbe.

Darius Els ·

Skoonheid gaan oor voorkoms en nie oor ENIGE ANDER onderwerp nie .Haal die jannie jammergat ander KWALITEITE uit,Dis n SKOONHEID kompetisie nie n kappie en klooster kompetisie nie. Ons wil darem trots ook wees op die wenner.

not in wonderland ·

Dankie nou lag ek lekker. Mens sal altyd “die anties” kry,

Pietser ·

Stem saam. Te veel word gemaak van dinge soos geleerdheid, spraaksaamheid, ens. Ons soek die mooiste en oulikste (voorkoms alleenlik). Maak dan ‘n kompetisie vir mej.Slim as skoonheid nie top prioriteit is nie.

Marietjie ·

Almal is pragtig maar my stem gaan verseker vir Shelbe pretoruis !!!! Go girl jy het die hele paket…..

Soekie ·

Silicon valley!!! Nie een mooi nie…. Kan nie glo ons het mooier meisies in SA nie.

M ·

Soekie dit is jou opinie alleenlik, meeste kommentaar (en vat dit van n man se “point of view”) se hulle is pragtig.

Theresa ·

Nou toe nou! Ek’t nou net besef dat die ouens hierbo eintlik reg is. Daar moet ‘n kompetisie wees wat geskoei is op letterlik (wel natuurlik ook dan figuurlik – ) die mooiste. Dan ‘n ander kompetisie vir mooi en slim. Dan nog een vir ok lyk en baie slim. Gee die ander ook ‘n kans en bied kompetisies aan vir Mej. Besonder Volrond; Mej. Baie Lank en Maer; Mej. Kort; Mej. Maerste en Mej. Vetste. Meer mense kan dan deelneem aan verskeie kompetisies en ek dink dit gaan goeie pret wees. Amper vergeet van Mej. Oudste.

Lezette ·

NICOLE VAN NIEKERK JY IS BEAUTIFUL INSIDE AND OUT!! JY VERDIEN DIT!!

daleen ·

NICOLE VAN NIEKERK – dame met styl en ‘n volwasse skoonheid

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.