Foto’s: Só lyk die nuwe Mej. SA-finaliste

Die 28 vroue kom van reg oor die land en is deur ʼn paneel beoordelaars uitgekies.

Die beoordelaars het ingesluit Rolene Strauss – Mej. Wêreld 2014, Liesl Laurie – Mej. SA 2015 en Suzette van der Merwe – Mej. SA 1990.

Gauteng het 14 finaliste opgelewer, terwyl vier van KwaZulu-Natal is, drie uit die Oos-Kaap en sewe uit die Wes-Kaap.

Uit hierdie groep sal daar 12 finaliste gekies word wat aan die finaal van die kompetisie sal deelneem.

Die 28 finaliste lyk só:

Gauteng

Anzelle van Staden (24) van Centurion. Sy het ʼn B.Com-graad van die Universiteit van Pretoria en is tans ʼn voltydse model.

 

Bryoni Govender (21) van Kempton Park. Sy is ʼn derdejaar- LLB-student by die Universiteit van Johannesburg.

 

Chanté Holloway (23), oorspronklik van Atlantis in die Wes-Kaap. Sy woon nou in Johannesburg en het by die New York Film Academy studeer en werk as ʼn aktrise en model.

 

Chanté Jantjies (25) van Northcliff. Sy het ʼn B.Com-graad in finansies van Varsity College en werk as ʼn nuusleser op SABC.

 

Danielle Wallace (25), oorspronklik van Mount Edgecombe in KwaZulu-Natal. Sy het ʼn honneursgraad in sosiale wetenskappe en werk as ʼn bemarkingsbestuurder.

 

Lisa Stoffela (25), oorspronklik van Margate in KwaZulu-Natal. Sy woon nou in Sandton en is ʼn finalejaar- B.Com-student in finansiële bestuur by Varsity College.

 

Margo Fargo (25), oorspronklik van Heidedal in die Vrystaat. Sy het ʼn BSc-honneursgraad in verbruikerstudies en is die medestigter van ʼn nie-winsgewende organisasie.

 

Michelle Howell (24) van Kempton Park. Sy is ʼn tweedejaarstudent by Unisa waar sy verbruikerstudies studeer. Sy werk ook as ʼn ontwerper en au pair.

 

Rethabile Lethoko (22) van Greenstone, Edenvale. Sy is ʼn tweedejaar- BA-student by Varsity College.

 

Rito Madingana (25), oorspronklik van Welkom in die Vrystaat. Sy het ʼn B.Com-graad aan die Universiteit van die Vrystaat en werk nou as ʼn model en NRO-entrepreneur.

 

Tshegofatso Moloto (22), oorspronklik van Limpopo. Sy woon nou in Buccleugh en is ʼn finalejaar- B.Com-student in bemarking by die Universiteit van Johannesburg. Sy is ook ʼn deeltydse model.

 

Taryn Bornman (25) van Pretoria-Oos. Sy het ʼn honneursgraad in bemarking en werk in die finansiële sektor.

 

Tharina Botes (21) van Roodepoort. Sy is ʼn eerstejaar- B.Com-student in bemarking en besigheid by Damelin. Sy is ook ʼn deeltydse model.

 

Thulisa Keyi (26), oorspronklik van Oos-Londen. Sy woon nou in Fourways en doen tans haar klerkskap by KPMG nadat sy van die Universiteit van Kaapstad gegradueer het.

KwaZulu-Natal

Karishma Ramdev (23). Sy is van Westville en is ʼn mediese student.

Leah Prinsloo (22). Sy is van Morningside en is ʼn grafiese ontwerper.

Noxolo Ndebele (24). Sy is van Pinetown en het ʼn B.Com-graad in rekeningkunde.

Avania Reddy (25). Sy is van Westville en is ʼn meganiese ingenieur.

Van links: Karishma, Leah ,Noxolo en Avania

Oos-Kaap

Tegan Goldman (25) van Salt Lake. Sy is besig met haar honneursgraad in korporatiewe kommunikasie aan Nelson Mandela Universiteit.

 

Thandokazi Mfundisi (23) van Oos-Londen. Sy is ʼn finalejaarstudent in LLB by Fort Hare Universiteit.

 

Danielle de Jager (20), oorspronklik van Benoni. Sy is ʼn tweedejaarstudent in biokinetika by Nelson Mandela Universiteit.

Wes-Kaap

Akile Khoza (23). Sy is besig met haar meestersgraad in neurowetenskappe.

 

Tamaryn Green (23). Sy is ʼn sesdejaar- mediese student.

 

Tamarin Bensch (25). Sy is ʼn eiendomsbestuurder en binnenshuise opknapper.

 

Lethukwenama Letsoalo (22). Sy is ʼn mediese student aan die Universiteit Stellenbosch.

 

Thokozile Mbatha (26). Sy is ʼn intern in die kleinhandelsektor.

 

Eureka Khambako (23). Sy is tans in haar vyfde jaar van mediese studies by die Universiteit Stellenbosch.

 

Altina Vries (26). Sy is ʼn vrywilliger by Kids Life in Kaapstad en by die Step Up Foundation.

Foto’s: Facebook via Miss SA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Linda ·

Ek kan nie kies nie, almal is uniek, en aantreklik. Ek wens hul die beste toe.

Rina Kotze ·

Wat ‘n intelligente groep jong dames en nie net mooi poppies nie!

Dit is inderdaad skoonheid met ‘n doel!

Sterkte vir julle almal!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.