Gaan bos by Innibos

Kurt Darren. Foto: Verskaf.

Kurt Darren. Foto: Verskaf.

Die Innibos-fees bied die beste in Afrikaanse musiek, teater, kabaret, letterkunde en die visuele kunste.

Dié fees vind jaarliks in Nelspruit plaas en sal vanjaar van 1 tot 4 Julie aangebied word. Kunstenaars soos Theuns Jordaan, Bobby van Jaarsveld, Die Heuwels Fantasties, Bok van Blerk, Kurt Darren, Laurika Rauch, Karin Zoid en Nicholis Louw sal hul verskyning op die verhoog maak.

Die Drostdy-Hoftent is nog ʼn trekpleister. Hier sal besoekers kan kennis maak met dié smaakvolle en veelsydige reeks wyne wat in ʼn gerieflike wynkroeg met volop sitplekke bedien word.

Daar is ook ’n verskeidenheid stalletjies met drinkgoed, kos en handwerk.

Die fees begin soggens om 10:00 by Hoërskool Bergvlam en hekke sal om middernag sluit.

Kaartjies is verkrygbaar van Computicket (www.online.computicket.com). Pryse wissel van R90 tot R160 per persoon en sluit toegang tot alle aanbiedinge op die feesterrein in. Pensioentrekkers kry Donderdag 2 Julie ʼn spesiale afslag van R50 per persoon. ʼn Toeslag is betaalbaar op kaartjies vir die voorste sitplekke vir die vernaamste aanbiedinge op die hoofverhoog. Daar is net ʼn beperkte getal van hierdie sitplekke beskikbaar.

Meer besonderhede is te kry by www.innibos.co.za of die feeskantoor by 013 741 5294/5.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

chris ·

Is dit nou die politiek-korrekte fees?Die een wat besluit dat derduisende Afrikaners nie die stem mag sing nie?Dalk moet hulle net op die program aanbring wat jy mag se sodat almal mooitjies weet.

Peet Schabort ·

Ek sien 3 (dalk 4) kunstenaars wat die moeite werd is.
Mense het meer tussen die ore as om te luister na “Baby-baby”.
Ook liedjies soos” Ek het jou lief, my boeliebief, my hartedief, my soetelief” is niksseggend.
Dit word net oor en oor herhaal tot vervelens toe. En o, die klanke wat ‘musiek’ genoem word.
Dan luister ek liewer na “Hasie” van Al Debbo wat immers tog ‘n storie vertel.
Hoop nou nie my liedjie se woorde hierbo word gesteel . . .

chris ·

Peet.Lekker skerp so op ‘n Vrydag.
Swaer ek dink hy is klaar getoonset.HA ha haa!
Ek weet sommer wie sal hom sing ook.Dalk die ou met die donkerbril?

Loeis ·

Innibos kry R1.5 miljoen omdat hulle Steve geweier het om die stem te sing op die s.g. fees
Innibos gets R1.5 million from government
10 Jun, 2015 Adele du Toit Community News, Featured News 565
By Adele du Toit
“As from today this matter is behind us because there was a bad perception that was created; that this Premier is anti-Innibos.”
This is according to Mpumalanga Premier DavidMabuza who was talking about the Innibos management’s keenness to host an all inclusivearts festival in Mbombela during an executive council meeting held on Tuesday, 9 June.
“The provincial government wanted to be a serious partner of Innibos. The executive council committed R1.5 million financialsupport to indicate its dedication and commitment in supporting the transformed festival, although Innibos had asked for a R1 million sponsorship,” said Mabuza on Wednesday, 10 June.
“The provincial governmentthreatened to pull out its 10-year long support for the festival after an unfortunate incident where one of the invitedartists, SteveHofmeyer, sang “Die Stem” causing an uproar making the festival to be viewed as not contributing to nation building, non-racialism and social cohesion but perceived as promoting apartheid,” said Mabuza.

However, Mabuza said that after some interactions between the provincial government and Innibos Management, there was a consensus that moving forward, there was a need to promote social cohesion amongst the citizens.
“The Innibos Management committed to adhere fully to the processesand activitiesthat would assist realize social transformation and nation building,” said Mabuza.

One of the founders of the festival SandraJacobssaid partnership between Innibos and the provincial government would create a platform for “greater mutual understanding” between the cultural groupings in Mpumalanga.
“Through a strong partnership, Innibos and Mpumalanga Provincial Government can create numerous platforms which will promote and develop the arts on all levels in our province and it will certainly be a great contribution towards creating a more cohesive society,” said Jacobs.
She apologised before the executive council about the unfortunate incident that transpiredat last year’s festival, saying it was not part of the rehearsed programme.
“This is a regrettable situation that has broken down good relationships built up over many years in 45 seconds. We commit ourselves as the management of Innibos and as loyal South Africans to ensure that this incident will not be repeated. As such, Mr Hofmeyer is no longer welcome to perform at the Innibos festival grounds,” said Jacobs.

Piet de Jager ·

Net een vraag.

Is dit die fees waar ons Afrikaners nie die stem saam met Steve mag sing nie?

Ek het elke jaar getrou hierdie fees bygewoon. Dit was baie lekker. Nou kom bevark julle alles met julle politieke korrektheid! Ek glo nie julle sal my mis nie.

Dis jammer dat soveel mense sonder ruggraat hulle deur borge laat boelie. Dis dalk tyd om weer ‘n bietjie karakter te ontwikkel. Moenie julle laat boelie deur die mense met die geld nie.

Kunstefeeste was nog altyd bedoel om vrye uiting aan kuns te gee. As julle dit nie meer kan doen nie is julle die naam kunstefees nie meer werd nie, maar noem dit dan die Inniebos Polities Korrekte Fees.

Ek skaam my vir julle! Sies man!!!

Hans ·

Ek glo hulle gaan my ook nie mis nie. Geen Steve geen Innibos vir my nie.

johanna ·

Hoop dit is die laaste inniebos fees omrede Steve geboikot word

Chris du Plessis ·

Lekker weg is my kommentaar!! So tiepies……..

Voel ook so ·

Hoekom trap hulle nie net op ‘n kat se stert nie die geluid wat uitkom is dieselfde gesanik as die sogenaamde kunstenaars

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.