Agtien van Suid-Afrika se top- pinotage-produsente neem deel aan vanjaar se Pinotage- en Biltongfees by die Leriba Hotel in Centurion.
Die fees vind op Saterdag 13 Oktober (ook Internasionale Pinotage-dag) en Sondag 14 Oktober van 11:00 – 17:00 plaas. Een pinotage van elke wynplaas is saam met ʼn biltongsoort te proe, en meeste van die produsente het ook verdere pinotage’s wat te proe en te koop aangebied word.
Die wynplase is: Bellevue Landgoed, Beyerskloof, De Krans, Ernst Gouws & Co, Flagstone Wyne, Grande Provence, Hill & Dale, Jakkalsvlei, Koelenhof, Mellasat Wingerde, Mount Vernon, Neethlingshof, Perdeberg Kelder, Simonsvlei, Taillard Wyne, Van Loveren, Whalehaven en Wellington Wyne.
Die feesformaat bied besoekers ʼn “roetekaart” waarvolgens spesifieke pinotagewyne geproe word, elk saam met ʼn biltongsoort. Só kan feesgangers nuwe wyne ontdek! ʼn Paar stalletjies bied items te koop aan en die Kretchmann Kunsgalery stal van hulle kunswerke uit.
Kleredrag vir die fees: Pers en Wit. Pryse word vir die oulikste kostuums uitgeloof, geborg deur Simonsvlei.
Koop jou kaartjies: www.plankton.mobi (Saterdag) en (Sondag) en www.computicket.com
Algemene kaartjies: R250 pp as jy vooraf aanlyn bespreek of by die ingang teen R300. Jou kaartjie sluit die volgende in: ʼn kristal wynglas, gratis proeë van ongeveer 30 pinotage’s en die feesproe van 18 biltongporsies saam met 18 van die wyne.
VIP-kaartjies: R500 pp. Ideaal vir groepe vriende en ondernemings as ʼn spanboudag. Die kaartjie sluit bogenoemde in plus ʼn privaat fees-area, ʼn verwelkomingsdrankie en kaasbord by aankoms in met ʼn lekker koppie koffie en iets soets om te eet voor die pad huis toe aangepak word.
Gratis toegang vir onder 18’s. Kinders is welkom. Laser Adventures bied aktiwiteite aan vir groot en klein teen ʼn minimale fooi elk.
VERANTWOORDELIKE GEBRUIK VAN ALKOHOL
Geen alkohol sal aan onder 18’s beskikbaar wees nie. Die feesorganiseerders ondersteun verantwoordelike alkoholgebruik en beveel openbare vervoer aan. Kontak gerus Leriba Hotel by 012 660 3300 om meer uit te vind oor hulle akkommodasie-feespakette.
Vir verdere inligting, besoek www.cvomarketing.co.za
Volg #pinotbiltongfest op sosiale media om op hoogte te bly.