Aardklop 2016: Ou gronde én spotgoedkoop kaartjies

Aardklop (Foto: Verskaf)

Aardklop (Foto: Verskaf)

Feesgangers en kunstenaars is almal opgewonde oor die nuus dat Aardklop, danksy baie mense se harde werk, vanjaar herleef en kaartjies vir dié fees is nou beskikbaar.

Na verwagting sal feesgangers vanjaar ook behoorlik in hul noppies wees oor die nuwe pryse en terrein.

Wilmer Muller, mediabestuurder vir die fees, het gesê Aardklop skuif amptelik terug na die “ou” feesgronde op die Bult.

Kaartjies vir vanjaar se Aardklop is ook spotgoedkoop. ʼn Dagkaartjie sal jou ʼn skamele R20 uit die sak jaag, terwyl ʼn weekkaartjie ʼn skrapse R60 gaan kos.

“Die fees word nie afgeskeep deur goedkoper pryse nie. Die program is propvol en sluit alles van toneel, kinderteater, komedie en musiek vir elke smaak en vele meer in,” het hy gesê.

Muller sê die kaartjies is vanjaar goedkoper om die fees weer “na die mense te bring”. “Die hele redenasie agter die goedkoper kaartjies is om die fees terug te vat na die mense. Ons wou dit so inklusief moontlik maak. Dit is aansienklik goedkoper in vergelyking met verlede jaar se kaartjies.”

Dié fees het in die verlede feesgangers warm onder die kraag gehad oor veral die hoë pryse van toegangskaartjies.

Aardklop word ook weer na die Bult toe geskuif om “die ou magic” daarvan terug te kry. “Baie mense het soveel goeie herinneringe van die fees op die Bult. Dit was net nie so op die ander gronde nie. Ons bring die fees terug na die oorspronklike gronde omdat dit vanjaar ʼn nuwe fees is en ons mense ʼn nuwe betekenis van Aardklop wil gee.”

Muller sê die fees het tot dusver baie positiewe terugvoer ontvang. “Potchefstromers en feesgangers landwyd is baie opgewonde oor die nuwe fees. Ons het sover net goeie goed gehoor.”

Luister na Maroela Media se gesprek met Alexa Strachan, feesbestuurder.

Lees alle berigte oor Aardklop op Maroela Media.

Lees die Aardklop-program. Besoek die Aardklop-webwerf en Facebook-blad.

Koop nou jou kaartjies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Suzie ·

Waar slaap ons? Ek sukkel om inligting te kry van akkommodasie anders as by Gastehuise.

Lance ·

Slaap in jou kar op straat of by n garage …goeddkoopste opsie nog

Retha ·

Jippieeeee! Ander terrein was goor. Hoop en glo die fees gaan eeen fees wees. Vind maar uit by puk koshuise. Ek weet my kind het al sy kamer gegee vir verhuring.

Ria vd Merwe ·

Waar kry ons die Huisgenoot tent se program vir Aardklop 2016

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.