Aardklop 2016: Taxiteater wil Potch se diversiteit wys

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

“Mense wat nie Potchefstromers is nie, besef nie Potch is ʼn baie ryk, diverse en vol gemeenskap nie. Die dorp bestaan nie net uit die Bult nie!” skerts Alexa Strachan, feesbestuurder van Aardklop.

Die Taxiteater is ʼn nuutskepping by vanjaar se Aardklop-kunstefees en volgens Alexa is die doel van die Taxiteater om die diversiteit van Potchefstroom ten toon te stel.

Die Taxiteater maak ʼn draai by drie uithangplekke in Potchefstroom, Ikageng en Promosa, waar feesgangers kans kry om saam met inwoners van dié gebiede te kuier en kos en drank te koop wat eie is aan die drie kuierplekke.

Musikante en sangers van Die Wasgoedlyn sal vermaak verskaf, asook nuwe, plaaslike talent wat die mense van Wasgoedlyn in die groter Potchefstroom-omgewing geïdentifiseer is.

“Ons wil ook aan plaaslike taxi-operateurs, ondernemings en informele verkopers die geleentheid bied om deel te neem en voordeel te trek uit die feesaktiwiteite. Die taxiteater wil ook ʼn verhoog skep vir plaaslike talent as deel van die amptelike feesprogram.”

So lyk die roete:

Vervoer word verskaf deur die plaaslike taxibestuurder. Feesgangers word by die pendelstasie in Esselenstraat opgelaai en rits dan van kuierplek tot kuierplek.

Roete A:

Vertrek daagliks om 12h00 vanaf die taxi-pendelstasie op die Bult en stop vir ongeveer 30 minute by elk van die volgende kuierplekke:

  • Tse’s Lifestyle Lounge (Ikageng) (Chisa nyama, skaapkop en hoenderpote op die spyskaart)
  • Picaroon’s  (Promosa)
  • Vida Verde (Potchefstroom) (Met meer as 200, veral Duitse en Belgiese Craft-bier op die spyskaart.

Roete B:

Vertrek daagliks om 15h00 vanaf die taxi-pendelstasie op die Bult en stop vir ongeveer 30 minute by elk van die volgende kuierplekke:

  • Tse’s Lifestyle Lounge (Ikageng)
  • Picaroon’s  (Promosa)
  • Potch-Dam Restaurant (Skommels met skop, soos die Damduiker. Ook bekend vir hul Beesstertpastei.)

Vir elke rit word 2 x 18-sitplek minibus-taxi’s ingespan om in totaal 34 passasiers te vervoer.

Elke taxi het ʼn toerleier (of dan gasvrou) wat passasiers onderweg op ʼn vermaaklike wyse inlig oor die plekke wat hulle gaan besoek en die dinge wat hulle daar te wagte kan wees.  Beide toerleiers is inwoners van onderskeidelik Ikageng en Promosa.

Datum : 4- 8 Oktober
Prys: R80.00
Duur: 2 ½ uur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gwen ·

Wat sukkel ’n Afrikaanse fees met hierdie tipe “vermaak”? Ek gaan dit definitief nie meemaak nie en almal afraai om dit ook te doen.

Gideon Roos ·

Hierdie is ‘n wonderlike ding. Die verskeie gemeenskappe in Potchefstroom is in die verlede grootliks agter- en uitgelaat deur Aardklop. Dit is goed om te sien dat Aardklop uiteindelik meer doen om nie net die kulturele diversiteit van Potchefstroom te vier en uit te beeld nie, maar om ook terug in die verskeie gemeenskappe te sit.

Ek hoop hierdie program is ‘n sukses, en kan volgende jaar uitgebrei word om een van die stapels van Aardklop te word. Hierdie is immers die Potchefstroom Kunstefees, dit is net goed en reg dat dit all die kunste van Potch sevier.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.