Alles wat jy moet weet van Innibos 2016

Riana Nel by die Innibos afskopkonsert (Foto: innibos.co.za)

Riana Nel by die Innibos afskopkonsert (Foto: innibos.co.za)

Innibos, die Laeveld se nasionale kunstefees wat jaarliks in Nelspruit (Mbombela) gehou word, vind vanjaar tussen 29 Junie en 2 Julie plaas en beloof vermaak vir elkeen se smaak.

Feesgangers kan vanjaar uitsien na ’n groot verskeidenheid programme, sê Maryke Ellers, mediabestuurder van kykNET.

Hier is wat jy van Innibos 2016 kan verwag:

Bak en brou elke dag tussen 12:00 en 12:30 by die kykNET Koekiedoortjie Kompetisie op die kykNET-verhoog.

Dieselfde verhoog gaan ook elke dag gons met die musiek van kunstenaars soos Dewald Dippenaar, Jakkie Louw, BlackByrd, Arno Jordaan, Charlize Berg, Willem Botha, Wynand en Chereé, Refentse, Karlien Husselman en verskeie ander kunstenaars.

As rock jou ding is, kry jou daaglikse dosis by die MK Nou! Rockverhoog, waar kunstenaars soos Bouwer Bosch, Bittereinder, aKING, Spoegwolf, Majozi, Gangs of Ballet, Matthew Mole, Albert Frost Trio, Taxi Violence en Fokofpolisiekar vir opwinding sal sorg.

Juanita du Plessis by die Innibos afskopkonsert (Foto: innibos.co.za)

Juanita du Plessis by die Innibos afskopkonsert (Foto: innibos.co.za)

Die Innibos Rockrumoer-finaliste sal ook kans kry om hul staal te wys. Nuwelinge soos Backstage, Drywater, Hold On Till May, Indigo Reign, Jonathan Peyper Trio, Out Cry, Tuin, The Unknown, Vintage Kings en Wit Kasteel gaan te sien wees.

Gesoute kunstenaars sal op Donderdagaand, 30 Junie, by die kykNET Rockkonsert op die verhoog wees. Feesgangers kan uitsien na Prime Circle, Kahn Morbee, Albert Frost, Dan Patlansky, Black Cat Bones, Karen Zoid, Die Heuwels Fantasties en Francois van Coke.

By die kykNET Konsert van Vrydagaand, 1 Julie, sal kunstenaars soos Eden, Juanita du Plessis, Dr Victor & The Rasta Rebels, Riana Nel, Gerhard Steyn, Willem Botha, Adam Tas, Jak de Priester en Emo Adams feesgangers vermaak.

Elvis Blue by die Innisbos afskopkonsert (Foto: innibos.co.za)

Elvis Blue by die Innisbos afskopkonsert (Foto: innibos.co.za)

Jy kan selfs fees vier al is jy platsak by die Bosbioskoop in die kunspark. Van 29 Junie tot 2 Julie sal vier tot ses vertonings per dag gehou word van ’n wye verskeidenheid flieks en kortfilms, van klassieke rolprente soos Die storie van Klara Viljee, Paljas en Die wonderwerker tot nuwe speelfilms soos Sink en Modder en bloed.

Fynproewers kan uitsien na die kykNET Koscrawl, wat Vrydag, 1 Julie om 09:00, 11:00 en 13:00 by die Hoërskool Nelspruit se seunskoshuis plaasvind.

Tjff en Tjaff-vertonings sal daagliks by Apies in die Bos te sien wees vir die kleinspan.

Vir meer inligting, besoek Innibos se Facebook-blad of webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Piet Pompies ·

Hierdie fees is elke jaar ‘n treffer, mens kan amper nie glo dat die organiseerders dit jaar na jaar regkry om ‘n haas uit die hoed te trek. Ons gesin het het nog nie ‘n jaar gemis en hierdie is een van die hoogtepunte van die jaar. Sien julle daar, bring julle voetspore saam.

Rupert Ashford ·

Word Steve nogsteeds verbied om op te tree? Dan weet ons genoeg van hulle en hulle sensuurbeleid dankie.

broos ·

maar wanneer kry ons die dvds? ek soek nou nog na 2015 se innibos dvd :-(

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.