Atterbury-teater, Optog! bied kunskompetisie aan

(Foto: Anna Kolosyuk/Unsplash.)

Die Atterbury-teater en Optog! het vroeër vandeesmaand inskrywings vir ʼn landwye kunskompetisie geopen wat kunstenaars die geleentheid bied om hul wêreld deur middel van kleur en kuns uit te beeld en groot pryse te wen.

Oud en jonk, dié wat kuns as stokperdjie beoefen en professionele kunstenaars word genooi om aan die kompetisie met die tema “My wêreld” deel te neem.

Daar is verskillende ouderdomskategorieë en wonderlike kontantpryse op die spel. Inskrywings kos R100 en deelnemers kan ʼn onbeperkte aantal kunswerke inskryf.

Alle inskrywings word einde Julie in die Atterbury-teater se voorportaal uitgestal en te koop aangebied. Dié kunswerke gaan ook aanlyn besigtig kan word en die publiek sal dan vir hul gunsteling in elke kategorie kan stem.

Die kompetisie word deur ʼn onafhanklike paneel beoordeel en bestaan uit Anna Davel, Jak de Priester, Lily Brannon en Lize Beekman. Wenners sal deur die paneel aangekondig word.

Besoek Optog! se webwerf om in te skryf of meer oor die kompetisie te wete te kom. Inskrywings vir die kompetisie sluit op 19 Julie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.