BoobaLoo: Opwindende baba-en-kleuter-ekspo in Pretoria

Nuwe ouers kan solank ‘n aantekening in hul dagboek maak vir die grootste baba-en-kleuter-ekspo in Pretoria. Nou kan jy, alles onder een dak, die nodige onderrig, kennis en inligting kry om jou groeiende huishouding met gemak te hanteer!

Dié opwindende ekspo is in 2018 vir die eerste keer aangebied en met 100 uitgesoekte uitstallers het die BoobaLoo Expo vir ma’s, kleuters en babas die tonge behoorlik laat klap.

Die uitstallers spog met die beste produkte wat die Suid-Afrikaanse babamark aanbied. In 2018 het meer as 10 000 besoekers by die deure ingestroom en die opgewondenheid van kinders was hoorbaar toe Lollos sy opwagting maak. Met fantastiese pryse en die Mamma Meesterklasse was hierdie ekspo ʼn reusesukses – en jy kan weer in 2019 uitsien na ‘n hoogtepunt op die kalender!

Die produkte, dienste, deskundige seminare, fantastiese spesiale aanbiedings deur die uitstallers, opwindende kompetisies, lewendige vermaak, en meer, maak die BoobaLoo Expo onvergeetlik.

Die Dis-Chem BoobaLoo Expo vind plaas by die Sun Arena, Time Square, op 1, 2 en 3 Maart 2019. Hierdie jaar se ekspo beloof om ʼn hele paar nuwe en opwindende verrassings in te hou. Kaartjies is beskikbaar by Computicket teen R80 per persoon. Kinders onder 10 kry gratis ingang.

Met Nadia Beukes as seremoniemeester gaan die gemaklike omgewing sorg dat mammas en pappas die ekspo baie geniet.

Meer inligting oor die BoobaLoo Expo

Die Dis-Chem BoobaLoo Expo voorsien kennis-honger nuwe ouers met die geleentheid om betrokke te raak met kenners wat van hulp kan wees met advies en werkswinkels. Nuwe ouers kan deelneem aan interessante seminare en praktiese werkswinkels wat aangebied word deur kundige opvoeders, dokters en bekende handelsmerke.

Die ekspo bied:
√ Hoë kwaliteit, inligtingryke gebeurtenis
√ Advies van die top-vroeëkinderontwikkelingkenners
√ Tentoonstelling van die nuutste innovasies en noodsaaklike ouerskapprodukte
√ Gemaklike, veilige en genotvolle omgewing

Dis-Chem BoobaLoo Expo
Sun Arena, Time Square
1 – 3 Maart 2019
Besoek die Facebook-blad
Besoek die webwerf
Koop jou kaartjies
Vir enige navrae, stuur ʼn e-pos aan [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.