Inwoners van Gauteng en hul vierpootvriende kan deel wees van ʼn poging om ʼn wêreldrekord te verbeter.
Die rekord is vir die grootste groep honde wat bandanas aan het. Dié wêreldrekord word tans gehou deur RSPCA ACT in Australië, met ʼn totaal van 764 honde wat teenwoordig was.
Dié poging is daarop ingestel om geld in te samel vir die Animal Anti-Cruelty League (AACL). Die bedrag wat ingesamel word sal deur dotsure.co.za, wat versekering vir diere verskaf, geëwenaar word en aan die AACL geskenk word.
Die dag begin om 8:00 met die registrasie van die honde en hul eienaars. Die bandanas sal ook by registrasie uitgedeel word. ʼn Telling van die honde sal daarna plaasvind, met die hoop om die huidige wêreldrekord te verbeter. Ná die telling is daar ʼn prettige honde-staptog. Die staptog begin stiptelik om 09:00. Almal sal ook ʼn toekenning by die eindpunt ontvang.
Toegang is ʼn donasie van R20 en dit sluit toegang en die honde-bandana in.
Die geleentheid vind plaas by die Big Red Barn-plaasvenue naby Centurion op Sondag 28 Oktober.
Jy kan vir dié rekord-stap registreer deur dotsure.co.za te besoek.
Hi, wanneer word dit aangebied, die artikel se Sondag die 28ste, maar die 28ste is op n Saterdag
Hi ek het gebel en uitgevind. Dis Saterdag die 28ste Oktober.