Die Nickel Kersmark: Al hoe beter!

Foto verskaf deur die Nickel Kersmark

Die Nickel Kersmark in Pretoria is een van die bekendste en grootste fondsinsamelingsprojekte van die Kungwini-welsynsorganisasie en dit is een van die markte waarna die gemeenskap die meeste uitsien.

Die 19de Nickel Kersmark vind plaas tussen 20 November en 1 Desember 2019 op Kungwini-welsynsorganisasie se perseel, geleë in Grahamweg, Lynwood in Pretoria.

Die Paul Jungnickel-tehuis, waarna die Nickel-mark vernoem is, is in 1983 gestig vir volwassenes met gestremdhede. Oor die jare het die organisasie gegroei van veertig inwoners na 139 volwasse inwoners en 25 senior inwoners. Kungwini-welsynsorganisasie is nou die sambreel vir Paul Jungnickel-tehuis, Paul Jungnickel Senior Tehuis, Gemeenskapsontwikkeling met maatskaplike werkers en ʼn projek vir kleuterskole in die omgewing.

Die Nickel Kersmark is een van die grootste werkskeppingsgeleenthede van die jaar waar 190 uitstallers die kans kry om hul produkte aan die gemeenskap bekend te maak en te verkoop. Die Kersmark skep ook die geleentheid vir Kungwini se inwoners om hul produkte, wat hulle deur die jaar by die beskermde werkswinkel maak, uit te stal en te verkoop.

Inwoners by die beskermde werkswinkel tydens die maak van hul produkte

Vanjaar se Nickel Kersmark bied iets vir almal! Van speelgoed vir die jong klomp tot huisdekor en plante. Daar is ook ʼn “pop-up” restaurant deur FlavorVille en lewendige musiekvertonings op Saterdae en Sondae. Die mark spog ook met nuwe betalingspunte wat spesiaal gebou is vir die Nickel Kersmark om almal ʼn gemaklike en lekker ervaring te gee.

Die Nickel Kersmark se deure is daagliks oop vanaf 09:00 – 18:00 van 20 November tot 1 Desember 2019. Bring die hele familie en bespreek jou plek vir ʼn lekker Sondag-middagete ná al jou Kersfeesinkopies en kom geniet die Kersmark saam met Kungwini-welsynsorganisasie. Kontak 076 282 6535 om jou plek vir die Sondag-middagete te bespreek by die Nickel Kersmark om teleurstelling te voorkom.

Besoek www.nickelmarket.co.za vir kontakbesonderhede en verdere inligting en volg die mark op Facebook by @nickelmarket.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.