Gesin-Stap-vir-Bybels mik hoër

Gesin-Stap-vir-Bybels

Gesin-Stap-vir-Bybels het verlede jaar afgeskop, en kon genoeg geld insamel om 800 Bybels aan mense wat voorheen nie Bybels gehad het nie, te gee. Hierdie jaar hoop hulle om nóg meer bymekaar te maak, en die dag hou boonop baie feestelikhede in.

“Ons het verlede jaar so 600 mense bymekaar gehad en hierdie jaar gaan ons groter. Ons verwag so 2 000 mense, en as elk van die mense selfs net een Bybel kan beteken, is dit rééds meer as verlede jaar,” het ds. Henning Dafel, wat deel is van die Gesin-Stap-vir-Bybels-reëlingskomitee, gesê.

Gesin-Stap-vir-Bybels sal ʼn dag vol pret wees vir gelowiges van alle ouderdomme.

“Alle gelowiges is welkom om te kom stap. Daar gaan lekker boeremusiek, baie kos en markiestente wees. Dit gaan sommer ʼn lekker kuierdag wees! Daar is ook springkastele, speelplekke en glybane vir die jongklomp. Vir diegene wat baie energie het, is daar ook ʼn hindernis-pretbaan,” het Dafel gesê.

Die stappery werk só: Alle deelnemers stap om HTS John Vorster se atletiekbaan. Elke mens kry borge vir elke rondte wat hulle om die baan stap. Jy kan stap soveel keer as wat jy wil, en so vinnig of stadig as wat jy wil. Hoe meer keer jy om die baan gaan, hoe meer geld kry jy by jou borge!

“Elke R50 wat mense bymekaarmaak, help om ‘n Bybel in iemand se hand te sit. Die opbrengs wat gemaak word gaan direk vir Bybelsverspreiding,” het Dafel gesê.

“Ons het die groot opdrag in die Bybel gekry om dissipels van mense te maak. Dit is so maklik om passief te wees daaroor en nie veel te doen nie. Om ʼn Bybel in iemand se hand te sit is ʼn goeie manier om betrokke te raak by evangelisasie,” het hy gesê

Gesin-Stap-vir-Bybels vind op 2 September 2017 vanaf 08:00 tot 14:00 by HTS John Vorster plaas. Vir meer inligting besoek hul Facebook-blad hier of kontak Herman by 082 808 6499.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.