Goeie nuus vir diegene met geliefdes in die buiteland

wereldwyd[promosieartikel]

Wêreldwyd, ʼn inisiatief van die burgerregte-organisasie AfriForum, bied die afgelope vyf jaar ʼn aanlyn tuiste vir Suid-Afrikaners wat hulself in die buiteland gevestig het.

Volgens Sue-Ann de Wet, AfriForum se projekkoördineerder vir Suid-Afrikaanse Diaspora, is Wêreldwyd die ideale platform vir elke Suid-Afrikaner wat tans in die buiteland woon, maar graag steeds in ware voeling wil bly met sy tuisland.

“Die inisiatief behels ʼn webtuiste wat mense help om op hoogte te bly met nuusgebeure in Suid-Afrika. Hier kan hulle ook betroubare advies kry, sommer net saamkuier, hul ervarings deel en meer vertel oor die interessante plekke waar hulle woon en werk.”

Sy vertel voorts dat die Wêreldwyd-span deeglike navorsing gedoen het oor wat vir Suid-Afrikaners in die buiteland belangrik is en dat dit juis dié inligting is wat op die webwerf beskikbaar is. Dit sluit in aktuele plaaslike nuus, bydraes (foto’s en stories) van Suid-Afrikaners wat op interessante plekke in alle uithoeke van die aarde woon.

Die webwerf bied ook ʼn enig-in-sy-soort Wêreldgids waar Suid-Afrikaners in die buiteland inkopies kan doen vir eg Suid-Afrikaanse produkte soos biltong, Ouma-beskuit, tradisionele blatjang. Dit bevat ook ʼn databasis met die besonderhede van besighede en restaurante wat Suid-Afrikaanse kos voorsit, persone wat hulp bied met finansiering, asook die name van Suid-Afrikaanse prokureurs in die buiteland.

“Die Wêreldgids het ten doel om mense wat in die buiteland vreemd voel, te help om ander Suid-Afrikaners te ontmoet en terselfdertyd hul ondernemings te ondersteun. Die vraag na ʼn meer verbruikersvriendelik en interaktiewe gids het gegroei en Suid-Afrikaners in die buiteland kan ook nou hul ondernemings self gratis in die Wêreldgids laat opneem.”

Wêreldwyd het ook ʼn gratis weeklikse nuusbrief, Kollig, waarop mense gratis kan inteken wat berigte van Maroela Media, vars nuus van feeste en bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars wat elders optree, asook belangrike inligting oor burgerskap, paspoorte, belasting en so meer insluit.

“Wêreldwyd wil vir jou die platform skep om saam met ander Suid-Afrikaners oor die wêreld heen te kuier, soos net Suid-Afrikaners kan,” meen De Wet.

• Vir verdere inligting besoek Wêreldwyd op Facebook
• Om in te teken vir die gratis nuusbrief, stuur ʼn e-pos aan [email protected].
Registreer jou onderneming op Wêreldwyd se Wêreldgids
• Vir enige verdere navrae stuur ʼn e-pos aan [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.